SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Leef
Bekendes op vadersdag met hul spruite en pa’s
Bobby van Jaarsveld aan die slaap saam met sy dogter, Armani. Foto: Facebook

Talle Afrikaanse sangers het deur die loop van die naweek roerende inskrywings op sosiale media ter viering van Vadersdag geplaas.

Bobby van Jaarsveld skryf op Facebook dat hy al baie name genoem is, maar die naam wat hy die meeste waardeer is “Pa”.

Saam met die inskrywing deel hy ’n hartroerende foto wat sy vrou, Annatjie, geneem het, terwyl hy saam sy dogter, Armani (2), op die bed ingesluimer het.

“Dit is hoe ek amper elke oggend wakker word en hoe ek vir die res van my lewe wil wakker word.”

Hy het ook ’n foto van hom en sy twee seuns, Sion en Leben, gedeel waar hulle voor ’n vlugbalnet staan.

Bobby hou ’n vlugbal-bal uit na sy twee seuns, Sion en Leben. Foto: Facebook
Francois van Coke met sy dogter, Alex Lila.Foto: Facebook

Francois van Coke, die Afrikaanse rocker, het ook met sy dogter, Alex Lila (2), op sosiale media gespog en sy aanhangers met Vadersdag gelukgewens.

Amor Vittone en haar pa, Dario Vittone. Foto:

Amor Vittone het haar pa, Dario Vittone, op Facebook met Vadersdag gelukgewens en geskryf dat hy haar rots is. Sy skryf hy is daar vir haar en haar kinders, Jordan en Kylie. “Niks is ooit te veel vir jou nie. Ons is lief vir jou tot by die maan en terug. Jy laat mense altyd glimlag en jy maak die wêreld ’n beter plek. God het vir ons ’n engel gestuur.”

Hier is Steve Hofmeyr as kind met sy pa, Stephanus. Foto: Facebook

Steve Hofmeyr het mense op sosiale media aangeraai om hul pa’s op Vadersdag te bel.

“Doen dit net. Bel jou ou man. Ek sal enigiets doen om myne terug te kry,” skryf Steve. Hy het ’n foto van homself as jong kind saam met sy pa, Stephanus, geplaas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.