Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Mooigoed:
Beleef: Pienk is hier om te bly

Die pas afgelope New York Modeweek het bevestig pienk is hier om te bly vir minstens nog ’n seisoen, skryf Alet Wichmann.

Verlede jaar het hulle dit millenial-pienk genoem. ’n Tipe sagte pienk, iets tussen roosgoud, salm, appelkoos en pienk melkskommel.

Vanjaar is dit sommer enige pienk en jy kan dit werk toe, klas toe, gim toe of sommer net op die bank voor die televisie dra.

By die New York-modeweek het die Australiese model Bambi Northwood-Blyth uitgestaan in ’n prettige roosgoud-speelpakkie. Wys jou net, diegene wat sê ons gaan nog jammer wees oor die roosgoud-histerie, sal nog ’n rukkie moet wag.
Doen haar na met hierdie vrolike romp van Style Republic, R349 by Spree.co.za.
Hoe helderder hoe beter. Dis asof die 1980’s weer ’n draai maak in die ontwerper Ulla Johnson se reeks.
Die snyerspak is ook terug. Of jy nou ’n snyersbaadjie met ’n bypassende romp of snyersbroek kombineer, dis in die kol. Die ontwerper Gabriela Hearst het ’n hele paar snyerspakke in haar nuwe reeks bekend gestel. Onder meer hierdie pienk een.
Helder jou dag op met hierdie purperpienk trui. R234 van edit, beskikbaar by Spree.co.za.
Lyk stylvol in ’n pienk snyerspak. R799 van Queenspark, beskikbaar by Spree.co.za. NB, ONS MOET DIE MODEL SE KOP ASSEB LIEF AFSNY, SPREE HET NIE DIE REG OM HAAR GESIG TE WYS NIE. CRAZY, MAAR JA.Foto:
Style Republic se assimetriese romp gee jou ’n aweregse manier om helder en treffend te lyk in pienk. R499 by Spree.co.za.Foto:

Meer oor:  Seisoen  |  Pienk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.