Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Besoek enige nasionale park gratis

Suid-Afrikaners kan die lente behoorlik vier met die jaarlikse Sanparke-veldtog, wat die publiek van Maandag 10 September tot Vrydag 14 September vir ’n dag gratis toegang tot enige nasionale park gee.

Janine Raftopoulos, kommunikasiehoof van Sanparke, sê die week lange veldtog is in 2006 in Suid-Afrika begin en is nou deel van ’n wêreldwye veldtog om mense te betrek om die natuurlewe te geniet.

Raftopoulos sê die meeste Suid-Afrikaners het nog nooit ’n nasionale park besoek nie en weet ook nie dat daar 19 sulke parke in die land is nie.

Die besoekers aan die parke sal bewus raak van die ryke kulturele en geskiedkundige erfenis wat die parke bied.

“Wanneer mense ons nasionale parke besoek, kry hulle ’n groter bewustheid van die belangrikheid en noodsaak van natuurbewaring,” sê Raftopoulos.

Alle Suid-Afrikaner wat ’n geldige identiteitsdokument het, kan as dagbesoeker enige van die nasionale parke gratis besoek. Kinders van jonger as 16 sal sonder enige bewys van identiteit toegelaat word.

Raftopoulos sê mense moet onthou dat die dagbesoek nie oornagverblyf of enige aktiwiteite, soos wildritte of staptogte, insluit nie.

Besoekers kan wel gratis na die pikkewyne in die Boulders-pikkewynkolonie in die Tafelberg Nasionale Park gaan kyk.

Raftopoulos sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke-week sal die rondgaande Mandela-eeufees-uitstalling, wat bestaan uit koerantuitknipsels van oudpres. Nelson Mandela wat eenheid in die land bewerkstellig het, insluit. Dit sal te sien wees by die Phalaborwa-hek van die Krugerwildtuin. Die uitstalling was reeds in die Groenkloof Nasionale Park, Addo-Olifant Nasionale Park en die Tafelberg Nasionale Park te sien.

Besoekers aan die parke word aangemoedig om hul ondervindings in Nasionale Parke-week op sosiale media met die hutsmerke, #SANationalParksWeek #LiveYourWild te deel.

Meer inligting is hier beskikbaar. 

Meer oor:  Sanparke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.