Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Bestel gedenkuitgawe van Volksblad op 7 Augustus

Plaaslike lesers wat wil seker maak hulle kry ’n eksemplaar van Volksblad se gedenkuitgawe op Vrydag 7 Augustus (wat die gewone koerant plus ’n gedenkbylae insluit) en/of van die heel laaste papierweergawe van Volksblad op Saterdag 8 Augustus word aangeraai om op daardie dae vroeg een op straat of by ’n kleinhandelaar te koop.

Volksblad se kantoor is steeds weens Covid-19 en die staat van inperking ontruim en daar kan ongelukkig nie aan versoeke vir posaflewerings voldoen word nie.

Weens logistieke realiteite sal slegs diegene van elders (buite die lesersgebied) wat altesaam tien of meer eksemplare wil bestel (teen R8,90 per eksemplaar) teen bykomende koerierkoste van R150 gehelp kan word.

Die bestelling moet teen Dinsdag 4 Augustus om 15:00 ontvang wees ten einde betyds by die drukoplaag te kan voeg. Bestellings moet vooraf inbetaal word.

Rig bestelling per e-pos aan Paul Müller by paul.muller@volksblad.com wat ’n verwysing sal verskaf wat vir inbetaling gebruik moet word.

Verskaf naam, volledige adres en kontaknommer.

Volksblad
Volksblad

Meer oor:  Koerant  |  Volksblad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.