Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Bibber & beef

Dié is ’n koue wat aan mens vasklou, skryf Ilse Zietsman.

Die grafte op Steynsburg in die Oos-Kaap is wit van die sneeu. Foto: Ilse Zietsman

Die land was die afgelope week in ’n ysige greep. Op 23 Julie het 13 weerstasies in die land byvoorbeeld rekord-minimumtemperature gemeet. Dis onder meer Kroonstad waar -8°C gemeet is, Kimberley met -9,9 °C en die King Shaka-lughawe in Durban met 0,9 °C.

Ook ek en my reisgenote het ons effens misgis. Die weervoorspelling het koue voorspel, maar ons het nie besef hóé koud nie. Ons het vertrek uit die Paarl op ’n kruis-en-dwars-sloertoer deur die Karoo na Steynsburg en hoe verder ons gery het, hoe meer het die kwik gedaal.

Eers in Beaufort-Wes, toe by New Holme op die Seekoeirivier buite Hanover en daarna op Philippolis waar die dorpenaars met opwinding sneeu voorspel het.

Op Middelburg gekom, is ons deur ’n winkelier en die res van die klante meegedeel dat die polisie besig is om die pad na Graaff-Reinet te sluit sowel as die pas na Cradock. Verskeie vragmotors en motors het reeds van die pad af gery of vasgeval. By die polisiekantoor is dit bevestig. In plaas van vier uur se ry voor ons sou dit nou ses uur wees.

Op 21 Julie was dit -4 °C op Bethulie in die nag!

Ná Bethulie het ons die eerste sneeu buite Venterstad – op Donderdag 22 Julie – gesien. Natuurlik het ons uitgeklim en die poeiersneeu soos deegfrummels tussen ons vingers gevryf.

Op Steynsburg in die Oos-Kaap, op die grens van die Vrystaat, het die sneeu wit in die huise se agterplase en die begraafplaas gelê.

Links: Ook op Murraysburg in die Karoo het die sneeu soos ’n kombers oor die landskap gelê. Foto: Jan-Hendrik Swiegers
Meer oor:  Bethulie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.