Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Bierdrinkers vier tóg fees

Bierbrouers in München het hul vaatjies volgetap vir ’n mini-Oktoberfees omdat die ware Jakob, soos bykans alle ander legendariese vierings wêreldwyd, ook weens die Covid-19-pandemie afgestel moes word.

In meer as 50 Duitse kroeë in München het kelners uitgevat in tradisionele lederhosen en dirndls verlede naweek spesiale brousels aan klante op tafeltjies ver uitmekaar of in die buitelug bedien.

“Dis ’n billike alternatief, want minstens kan ons nog so ’n bietjie Oktoberfees hou. Maar dis nie dieselfde nie,” het Christine Bachmeier gesê by ’n tafel wat onder die literbekers kreun by die beroemde Hofbräuhaus.

Dié besadigde viering is wêrelde verwyder van die massiewe tradisionele Oktoberfees wat jaarliks 6 miljoen besoekers van oor die hele wêreld lok. Die feesgangers sit gewoonlik aan by ellelange tafels in enorme tente waar hulle bier afsluk op die maat van oempa-orkeste.

Tydens ’n tradisionele bierfees word meer as 7 miljoen liter bier gedrink, en tydens etes verorber die feesgangers meer as 100 beeste en ’n halfmiljoen hoenders.

Die eerste Oktoberfees is in 1810 gehou ter ere van kroonprins Ludwig se troue.

München maak jaarliks minstens 1,2 miljard hieruit.

Besoekers aan vanjaar se mini-fees het hul bes gedoen om ’n partytjieluim te help skep. “Dit is al wat ons kan doen in dié tyd van die koronaviruspandemie,” het Harald Posler gesê.

Soos elders in Europa het die getal nuut bevestigde Covid-19-gevalle die afgelope weke weer begin styg. Teen verlede Saterdag het Duitsland soortgelyke vlakke van nuwe infeksies as in April gehad. – Reuters

Meer oor:  Covid-19-Pandemie  |  München  |  Oktoberfest
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.