Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Biltongwinkel in Pta gereed vir Saterdag se ‘groot game’

“Wag net, hulle gaan nou die vlae opsit,” beduie ’n motorwag Woensdagoggend opgewonde.

Inkopiegangers en koffiedrinkers by die Zambezi Junction-sentrum in Montana Park, Pretoria, hou vroegoggend aan loer waar Daniël Wilke die Sweet and Salty-biltongwinkel oopsluit.

“Want biltong en rugby is sinoniem met mekaar. En die winkel skryf altyd al die games se tye op hul kennisgewingbord en hang die spanne wat speel, se vlae buite.

“En dit is nog net drie slapies tot die final,” straal ’n gryskop-oom in die verbygang.

Daniël Wilke, bestuurder van die Sweet and Salty biltongwinkel in Montana Park, Pretoria, en Adri Pieters, eienaar, met ’n replika van die Webb Ellis-trofee. Foto: Deaan Vivier

Die winkel hier verwoord die plaaslike inwoners se rugbykoors. Die dekor binne bestaan grotendeels uit rugby-aandenkings soos Springbok-truie en foto’s van groot oomblikke, insluitende daardie “magic moment” toe Joel Stransky in 1995 daardie skepdoel oorgeskop het.

Wedstrydtye, wapperende landsvlae en biltong – Pretoria is gereed vir Saterdag se groot eindstryd. Foto: Hanti Otto

Wilke kom uit die winkel met ’n geel leer onder die arm.

Eerste, “vanselfsprekend”, word die Suid-Afrikaanse vlag voor die winkel opgesit.

Dan Engeland s’n, gevolg deur Wallis en Nieu-Seeland s’n.

“Dis groot rugby wat kom,” verduidelik hy die ritueel.

Rugbykoors? “Wêreldbeker-eindstrydkoors!” help hy reg terwyl hy terugdraai om vars voorraad uit te pak.

“Biltong en droëwors gaan saam met sport. En die verkope begin so ’n dag of twee voor ’n game toeneem, maar veral die oggend voor ’n game,” sê hy.

En die nasie moet gevoed word wanneer “ons beker” terugkom.

Rugbykoors loop hoog in Pretoria en Daniël Wilke en Adri Pieters het genoeg biltong, droëwors én spangees vir Saterdag se eindstryd.Foto: Deaan Vivier

Met dié haal hy ’n klein, maar gewigtige replika van die Webb Ellis-trofee uit. “Dit was ons s’n in 1995 en 2007.

Destyds het die Engelse dit ‘gevat’.

“Maar Saterdag . . . Saterdag gaan ons Big in Japan. Daardie beker kom huis toe. Die Bokke gaan dit terugvat,” verklaar hy terwyl hy wag vir ’n klant om uit te werk hoeveel biltong is vir nou nodig en hoeveel vir Saterdag.

Daniël Wilke, bestuurder van Sweet and Salty-biltongwinkel, hang Woensdag die landsvlae van die vier groot rugbyspanne voor die winkel op. Foto: Hanti Otto
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.