Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Bishops laat speke sing vir sportakademie in Langa

Die skoolgemeenskap van die Bishops Diocesan College in Rondebosch, Kaapstad, het sowat R260 000 vir ’n sport-akademie in Langa ingesamel.

Die gr. 12-leerlinge Josh Mansfield (links) en Jack Pace het aan die uitdaging deelgeneem.

Brendan Fogarty, uitvoerende direkteur van die sport-en-leer-akademie Vusa, sê die geld is deur ’n 24-uur-fietsry-uitdaging in die skool se Mallet-sentrum ingesamel.

Twaalf spanne met vyf lede elk het aan die uitdaging deelgeneem en die speke van Dinsdag om 16:00 tot Woensdag om 16:00 laat sing. Drie van die spanne het uit personeellede bestaan.

“Elke span het iemand gehad wat vir fondsinsameling verantwoordelik was. Aan die einde van die 24 uur is sowat R262 000 (op die platform BackaBuddy) ingesamel,” sê Fogarty.

Die uitdaging is aanlyn uitgesaai.

Fogarty sê Vusa is in 2001 begin om rugby-afrigting na mense in minderbevoorregte gebiede te bring.

Nikki Matthews, trustbestuurder by Bishops, sê die skool se leerlinge pak graag liefdadigheidsprojekte aan.

Die 24-uur-uitdaging is in die Mallet-sentrum gehou.

“Ons het Vusa as ons hoof-uitreikorganisasie aangeneem,” sê sy. “Ons werk al seker drie jaar saam met hulle.”

Matthews sê Vusa is vir laerskoolkinders in Langa en omstreke. Die leerlinge ontvang smiddae tussen 15:30 en 17:00 rugby-afrigting en akademiese ondersteuning. Vusa gee ook vir hulle kos.

“Dit is belangrik dat skole wat in ’n bevoorregte posisie is na ander uitreik,” sê Matthews. “Ek dink dit stel leerlinge bloot aan die werklikheid van die groter gemeenskap.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.