Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Blinkers maak alles toe beter

’n Matriekafskeid is ’n aand om te skitter en dié meisies hét, met blinkers op hul rokke.

Vir Tracy van Tonder en Michael Andrè van die Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen, Limpopo, was dit boonop ’n besonderse seën dat hulle die afskeid kon bywoon. Albei het kort voor die rekordeksamen siek geword. Varkgriep is by Michael gediagnoseer en Tracy het die hoogs aansteeklike hepatitis A onder lede gehad en kon glad nie eksamen skryf nie. Sy het eers die dag voor die matriekafskeid toestemming gekry dat sy mag gaan.

Tracy van Tonder en Michael Andrè van die Hoërskool Ben Vorster.
Tracy van Tonder en Michael Andrè van die Hoërskool Ben Vorster. Foto:
Jolize Koegelenberg van die Hoërskool Namakwaland.

“My ma het my blink rok gemaak. Dit was omtrent ’n storie omdat ek so aansteeklik was, maar my ma is omtrent Wonder Woman. Sy’t net een keer my mates gevat en toe die rok net so van ’n foto af gemaak,” vertel Tracy. “Michael was selfs bereid om ’n masker en handskoene te dra net om saam met my te gaan as ek nie sou gesond word nie. Gelukkig was dit nie nodig nie.”

Jolize Koegelenberg van die Hoërskool Namakwaland op Springbok in die Noord-Kaap se skitterblink rok is deur die ontwerphuis André Goosen Couture van Durbanville gemaak. Al die kristalle en steentjies op haar meerminstyl-rok is met die hand aangewerk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.