Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Bloem maak hom reg vir gewilde skou

Die skouterrein waar die jaarlikse Bloemskou in Bloemfontein aangebied word, was Donderdag ’n miernes van bedrywighede om alles gereed te kry vir die skou wat Vrydag begin.

Die tema van vanjaar se Bloemskou is Superhelde.

Tientalle uitstallers van oor die land het reeds van vroeg af gewikkel om alles vir die 136ste Bloemskou gereed te kry.

Die 59ste Nasionale Saalperd-kampioenskappe is ook Donderdagoggend in mistige weer met die finale beoordeling in die klas vir speenoud-perde hervat.

Altesaam 920 perde in 158 klasse ding in vanjaar se kampioenskap mee.

Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof van die Bloemskou, sê

hulle is besig om alles gereed te kry om weer ’n suksesvolle skou aan te bied.

Sy sê hulle is dankbaar vir die lekker reën en verlig oor die sonskynweer wat almal die geleentheid gee om hul laaste reëlings te tref.

“Daar heers reeds ’n heerlike skougees op die skouterrein met die heerlike reuk van braaivleis wat reeds die lug vul, terwyl uitstallers skarrel om hul uitstallings gereed te kry en ’n wonderlike span personeel en diensverskaffers wat seker maak dat alles gereed en op hul plek vir vanjaar se Bloemskou is.”

Prinsloo nooi besoekers om te kom saamkuier.

Die skou duur van 26 April tot 4 Mei.

Bloemskou
Lede van die Sanparke Ereveldwagters se Vrystaatstreek het gister die Sanparke-stalletjie by die Bloemskou opgestel. Dié groep het by verlede jaar se Bloemskou die Volksblad-wisseltrofee vir die beste binne-uitstalling in die uitstalsale ontvang. Op die foto is Carin Bredenkamp, ds. Christo Louw en Lizette de Villiers. Foto: Verskaf
Meer oor:  Bloemskou  |  Bloemfontein  |  Skou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.