Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
‘Bloem se Bublé’ wen in Amerika

’n Boukontrakteur en musikant van Bloemfontein is pas as die wenner van Talent America, ’n kompetisie waaraan vyf lande deelgeneem het, aangewys.

Ettiënne Meyer (35), wat onlangs saam met Dané, sy vrou, en drie jong kinders uit Magoebaskloof terug na die Rosestad verhuis het, sê hy sou nooit kon raai hul jaar sou so ’n wending neem nie.

Meyer, wat aan die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein gematrikuleer en as kind Volksblad in Heuwelsig afgelewer het, het eers vir Talent Africa ingeskryf.

Dané en Ettiënne Meyer. Foto: Cheréne Pienaar

Hier het hy met die hooftoekenning van alle kategorieë, die grand supreme senior-eerbewys, weggestap. Daarna het sy inskrywing in Talent America vir hom die toekennings beoordelaars se gunsteling en beste in sy ouderdomsgroep (25 tot 39 jaar) besorg.

Maar dit is heel toevallig dat hy op dié kompetisie afgekom het, vertel hy met ’n skugter glimlig.

Dané en Ettiënne Meyer. Foto: Cheréne Pienaar

“Ons het ons aan die begin van die jaar voorgeneem om meer tyd vir ons passies te maak.”

Met ’n Google-soektog wou hy geleenthede vir liedjieskrywers ondersoek en Talent Africa het op sy skerm verskyn.

“Ek wil net liedjies skryf; of ek dit self sing of iemand anders, maak nie saak nie.”

Die Meyer-egpaar het saam vir ’n duet ingeskryf met hul weergawe van “Amazing Grace” en Meyer het ook in die liedjieskryf- en instrumentele kategorieë ingeskryf vir die oudisies vir Talent Africa wat op 16 Februarie in Pretoria gehou is.

“You belong to me”, die lied wat hy self geskryf en waarmee hy gewen het, word eersdaags vrygestel nadat Shane Byrns van Foxway music, Tampa Florida, dit vervaardig het.

Die eindronde sou in die Pierneef-teater plaasvind en ’n groot TV-program sou volg, maar dit is gekanselleer weens die inperking. Die deelnemers moes hul inskrywings aanlyn instuur.

Die prys sluit ’n toer na Amerika in waar hy vir Talent America kan inskryf, maar ook dit is uitgestel.

Dié kompetisie het egter ook aanlyn voortgegaan en Meyer hoop nou om volgende jaar New York toe te gaan.

Nicola Ashcroft, direkteur van Talent Africa, sê dit is danksy Meyer se nederige styl en rou talent dat hy die gunsteling onder die paneel van Talent America was.

“Hy sing baie eerlik en sy musiek is nie óórvervaardig nie, wat baie verfrissend is.”

Ettiënne Meyer. Foto: Verskaf

Meyer is volgens haar die tweede Suid-Afrikaner wat hierdie algehele prys gewen het. Mikala Nel het voorheen gewen.

Talent America is die platform wat al die langste talent ongin, vir 46 jaar lank.

Hannes Bosman, ’n Bloemfonteinse liedjieskrywer, meen Meyer is in dieselfde stem liga as Michael Bublé en Ed Sheeran.

“Sy kitaarspel is uitsonderlik vir ’n uitvoerende sanger. Sy stem het besonderse toon-akkuraatheid en die warmte van sy stem is ook skaars.

“Hy bied twee kwaliteite wat enige toeskouer se geld dubbeld werd is: puik kitaarwerk en ’n puik stem. Dan skryf hy besonders. Hy is ’n veelsydige kunstenaar wat dit ver gaan bring!”

Meer oor:  Vrystaat  |  Suid-Afrika  |  Amerika  |  Bloemfontein  |  Musikant  |  Sanger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.