Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Bloemfonteiner stel wéér rekord op met langste kitaarles
Jaco Uys gee vir Egon Bramley les gedurende sy 26 uur lange musiekles op YouTube. Foto: Skermgreep/YouTube

’n Bloemfonteinse musikant het ’n wêreldrekord wat hy self verlede jaar opgestel het, verbeter toe hy 26 ure aaneen ’n kitaarles aangebied het.

Jaco Uys, direkteur van die Jooba School of Music, sê hy het gehoor dokters werk soms 30 uur aaneen, en hy wou aan homself bewys dat hy ook omtrent soveel ure kan musiekles gee omdat hy dit so geniet.

Hy het op 17 Julie begin en deur die nag, 26 ure lank, op YouTube musieklesse vir verskeie mense oor die wêreld heen aangebied. Dit is nadat hy op 19 Julie verlede jaar ’n totaal van 25 uur les gegee het.

Volgens Guinness World Records se webtuiste is die langste kitaarles voor Uys s’n verlede jaar deur Thomas Binns van Londen op 18 en 19 Julie 2019 opgestel. Hy het 24 uur en ses minute lank ’n musiekles aangebied.

Uys sê sy rekords is nie amptelik nie, want dit vra baie papierwerk en moeite om die sertifikaat van Guinness World Records te kry.

Hy vertel hy het die afgelope jaar baie oorsese kliënte – van onder meer Kanada, Engeland, Amerika, Frankryk en Indië – bygekry.

Hy vra vyf keer meer as ’n musiekles op eie bodem.

“My doel is om die musiekskool plaaslik te laat groei met die geld wat ek deur die oorsese lesse maak.”

Hy het ook kursusse begin skryf vir die oorsese mark.

“Hier in Bloemfontein is baie musikante. Ek wil die musiekskool uitbrei sodat ons musikante erken kan word op internasionale vlak.”

Die positiewe kant van ’n aanlyn les is dat die student baie meer onafhanklik raak, want hy moet op sy eie speel.

Uys sê YouTube betaal hom nou R1 500 per maand vir die inhoud wat hy verskaf. Daar is mense wat selfs R7 miljoen per maand daarmee verdien.


Meer oor:  Bloemfontein  |  Rekord  |  Guinness World Records
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.