Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Bruid-maandwenner: Hulle kan mekaar nou elke dag sien

Marisa van der Walt van Ermelo, die November-wenner in Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie, en haar man, Retief­, geniet dit dat hulle mekaar daagliks kan sien, want tot met hul troue het hulle ’n langafstandverhouding gehad.

“Ons het in April 2015 begin uitgaan. Ek het toe nog in Potchefstroom gestudeer en hy was in Ermelo. Ons het mekaar so een keer per maand gesien. So, dit is nou heerlik dat die langafstand-ding agter ons is!”

Marisa en Retief van der Walt op hul troudag in November.

Marisa, ’n apteker, en Retief, ’n laerskoolonderwyser, is op 30 November getroud en het hul wittebrood in St. Lucia gehou.

“Ons troudag was ’n sprokiesverhaal. Ons wou in die buitelug ons belofte aan mekaar aflê. Ons was effens bekommerd oor die weer, aangesien die weervoorspelling slegs donderstorms aangedui het.

“En gelukkig het die weer toe perfek saamgespeel! Ons dag was warm en sonnig en die pragtige sonsondergang het bygedra tot die rustige atmosfeer van ons troudag. Ons tema was eenvoudig, maar tog elegant en deftig,” sê Marisa.

Die hoogtepunt van hul groot dag was toe hulle hul beloftes aan mekaar gemaak het, sê sy. Hulle het besluit om dit self te skryf.

“Ons eerste dans was ook vir seker iets om te onthou, aangesien dit uit ’n paar verskillende liedjies bestaan het.”

Hul definisie van ’n gelukkige huwelik is volgens Marisa ’n oop en eerlike verhouding met mekaar en met God. “As dit reg is, val alles anders, soos respek, liefde, deernis en gehaltetyd, in plek.”

Marisa sal in April teen die 11 ander maandwenners meeding om die titel van Bruid van die Jaar 2019.

Foto’s van Desember-bruide verskyn tans Saterdae in Beeld en meer inligting oor vanjaar se kompetisie sal eersdaags aangekondig word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.