Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Beeld se Bruide: Maart-voorlopers

Die topdrie Maart-bruide van Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie is bekend.

Baie geluk aan Anica Cronje­, Karlien Johnson en Rene Krugel. Een van die drie bruide sal volgende week aangekondig word as ’n maandwenner.

Rene Krugel van Balfour, Mpumalanga, is op 6?Maart 2021 getroud.
Anica Cronje van Klerksdorp, Noordwes, is op 13?Maart 2021 getroud.
Karlien Johnson van Jukskeipark in Johan­nesburg, Gauteng, is op 20?Maart 2021 ge­troud.

Elkeen van die 12 maandwenners in die kompetisie het die kans om op 6 Mei 2022 as Beeld se Bruid van die Jaar gekroon te word en in die proses reusepryse te wen.

Daar is ook lekker pryse op die spel vir elke maandwenner.

In totaal wen vanjaar se bruide pryse van ’n allemintige R400 000.

Bruide wat tussen April en Desember 2020 en 2021 getrou het, het nog die geleentheid om in te skryf.

Sperdatums

  • April 2020 & 2021-bruide:

14 Junie 2021;

  • Mei 2020 & 2021-bruide:

19 Julie 2021;

  • Junie 2020 & 2021-bruide:

2 Augustus 2021;

  • Julie 2020 & 2021-bruide:

30 Augustus 2021;

  • Augustus 2020 & 2021-bruide:

13 September 2021;

  • September 2020 & 2021-bruide:

11 Oktober 2021;

  • Oktober 2020 & 2021-bruide:

15 November 2021;

  • November 2020 & 2021-bruide:

10 Januarie 2022; en

  • Desember 2020 & 2021-bruide:

14 Februarie 2022.

Skryf só in

  • Stap 1: Skep ’n Word-dokument waarin jy die volgende vrae beantwoord:

a) Waar het julle mekaar ontmoet?

b) Hoe lank ken julle mekaar?

c) Watter beroepe beoefen julle?

d) Wat is jul belangstellings?

e) Wat is jul definisie van ’n gelukkige huwelik?

f) Vertel ons van jou troue. Was daar ’n tema en wat was jou inspirasie?

g) Beskryf jou troudagstyl. Hoe het jy op jou rok en voorkoms besluit?

h) Wat was jou hoogtepunt van die troue?

  • Stap 2: Heg jou Word-dokument aan ’n e-posboodskap waarin jy die volgende inligting verskaf:

a) Troudatum;

b) Bruid se volle naam;

c) Bruid se noemnaam (let wel noemnaam, nie bynaam nie);

d) Bruidegom se volle naam;

e) Bruidegom se noemnaam (let wel noemnaam, nie bynaam nie);

f) Woonadres;

g) Bruid se e-posadres;

h) Bruid se kontaknommer;

i) Bruidegom se e-posadres; en

j) Bruidegom se kontaknommer;

  • Stap 3: Heg ’n duidelike kop-en-skouer-foto en ’n vollengte foto van die bruid (kleur of swart-en-wit, minstens 1 MB groot en in jpeg-formaat) as ’n aanhangsel aan die e-posinskrywing.
  • Stap 4: Stuur jou inskrywing voor 12:00 op die sluitingsdag na bruide@media24.com.

Só stem jy

  • Proses 1 (elke SMS tel 1 punt)

SMS Bruide, jou gunstelingbruid se naam en van, jou naam en van, waar jy woon en jou e-posadres na 35986.

Die SMS-lyn sal oop bly tot die daaropvolgende Vrydag nadat die bruid se foto in die koerant verskyn het. Die lyn sluit om 12:00. Elke­ SMS kos R1,50. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e sal verreken word.

SMS-voorbeeld: BRUIDE, Sannie Smit, Tanya Kleynhans, Auckland Park, tanya.kleynhans@media24.com

Deelnemers aan die kompetisie deur middel van stemproses 1 verleen met die gebruik van die SMS-stemme toestemming aan Media24 en sy borge om by geleentheid sy produkte en/of dienste aan hulle te bemark.

  • Proses 2 (elke stem tel 5 punte)

Ekstra koerante vir stemme van ’n bruid kan op ’n Donderdag van publisering of die Vrydag ná publisering by Tanya Kleynhans aangekoop word (tanya.kleynhans@media24.com).

Beeld sal die koerante aan sy Beeld in Onderwys-skoleprojek skenk.

  • Proses 3 (elke stem tel 5 punte)

Knip jou gunstelingbruid se foto uit (slegs oorspronklike foto’s word aanvaar), plak dit op ’n A4-bladsy, voeg jou adres en telefoonnommers by en koerier dit na: Bruid van die Jaar, Kingswayweg 69, Mediapark, Auckland Park, 2006.

Stemme kan ook in ’n koevert by Beeld se kantoor in Johannesburg afgelewer word: Ontvangs, Kingswayweg 69, Mediapark, Auckland Park.

Meer oor:  Bruid Van Die Jaar  |  Maart-Voorlopers  |  Beeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.