Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Bruid van die Jaar: Oktober-wenner praat oor hul groot dag
Die bruidspaar voor die kansel.

Rylease Cronjé van Potchefstroom, die Oktober-wenner in Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie, is op 26 Oktober met Wynand getroud. Sy deel meer oor haar groot dag.

Vertel meer oor jou rok?

Die ontwerper wat ek gebruik het ken ek al vir ’n paar jaar. Vanaf die eerste keer wat ons ontmoet het, het hy vir my gesê hy gaan my rok ontwerp en dat hy weet presies hoe die rok gaan lyk. Toe ek na rokke begin kyk het was ek daar om hom te sien oor die idees wat ek gehad het, maar toe ek sien wat sy rok vir my was, was ek dadelik verlief! Ek het nie eers weer na enige ander rokke gekyk daarna nie.

Vertel ons van jou dekor en beplanning – het jy ’n kleurskema of tema gehad?

Ek het nog altyd baie van pienk gehou en wou dit graag deel maak van my groot dag. Die kleurskema was blosende pienk, salie-groen en goud. Hoewel ons nie ’n spesifieke tema gehad het nie, het ons wel ’n goeie idee gehad van wat ons wou gebruik. Verder wou ons dit klassiek maar minimalisties hou. Sagte lig, baie kerse, glas en hout het ’n warm atmosfeer geskep.

Wat het jy vir jou gaste voorgesit?

Ek en my man is altwee lief vir kos en dit is ’n passie wat ons deel van die begin van ons verhouding af. Kos wat mooi voorgesit word is ons gunsteling en daarom het ons besluit op die plated menu eerder as die buffet-opsie. Ons het die gaste twee opsies elk gegee oor die voorgereg, hoofgereg en nagereg. Ons het kos gekies waarvan ons hou om te eet, so daar was ’n kombinasie van fynproewersgeregte sowel as trooskos. “Confit Duck” en crème brûlée is voorbeelde van die disse. Die keuse van die kos was seker een van ons gunsteling gedeeltes van die beplanning!

’n Prettige plakkaat!

Wat is die een ding van jou troudag wat vir jou uitstaan?

Dit is baie moeilik om een ding te kies omdat dit in geheel vir ons die perfekte dag met soveel spesiale oomblikke was. Die weer was besonders gewees en het ’n groot invloed op ons dag gehad. Dit het die hele dag gelyk of dit dalk kan reën. Net voordat ons kerk toe begin stap het wou dit begin en soos ek in die kerkie ingestap het, het dit gereën en gedonder. Terwyl die dominee toe praat en vir ons sê hoe hy God se teenwoordigheid aanvoel het daar toe skielik n ontsettende sterk wind deur die kerk gewaai en my sluier laat opwaai. Die storm het bedaar en soos ons uit die kerk gestap het as man en vrou, het daar die ongelooflikste reënboog verskyn. Dit was baie spesiaal en het gevoel soos ’n boodskap van God net vir ons.

Wynand en Rylease Cronjé.

Het jy enige wenke oor hoe jy koste bespaar het?

Troues is ’n baie groot uitgawe, maar daar is ’n paar maniere om nog steeds ’n spesiale dag te hê sonder om heeltemal die bank te breek!

  • Kyk na venues wat spesiale pakkette aanbied en spesifiek na die verskillende tye in die jaar. Dit het ’n groot invloed op die koste.
  • Indien jy sprokiesmooi wil lyk maar steeds nie te veel geld op jou rok wil spandeer nie, kyk eerder na huur as koop opsies.
  • Dit is oulik om geskenkies vir al jou gaste te wil gee maar iets wat verseker nie nodig is om te veel van ’n impak op jou uitgawes te maak nie.

Drie wenke vir 2020-bruide wat nou hul troue beplan.

Daar is baie wenke maar dit gaan steeds aan die einde van die dag oor jou geluk en dat jou troudag iets is wat jy vir die res van jou lewe kan koester.

Hier is ’n paar voorstelle:

1. Doen soveel as moontlik van die beplanning en alles wat besluit moet word saam. Dit is so voorreg om te kan trou en elke oomblik van die paadjie na daardie groot dag te kan deel met die persoon waaroor daardie hele dag gaan. Die troue is net een dag en dit gaan só vinnig verby. Maak die hele proses iets wat julle saam kan doen.

2. Geniet dit! Elke liewe oomblik. Dit moet nie soos werk voel nie so onthou waaroor dit gaan. Die dag gaan besonders wees al glip daar hier en daar ’n komplikasie in.

3. Dit is altyd goed om raad van die mense rondom jou te kan kry, maar onthou dat hierdie JOU dag is. Jou besluite moet nie gaan oor dit wat almal anders gelukkig maak nie. Kies die goed wat jy wil hê en waarvan jy hou al is dit nie “normaal” of wat almal anders doen nie.

Die gelukkige paartjie.
Rylease saam met haar bruidsmeisies.
Wynand saam met sy strooijonkers.
Die bruidspaar saam met hul gevolg.
Die tafels is elegant gedek.
’n Treffende blommerangskikking sorg vir ’n fokuspunt.
Heerlike happies vir die honger bruilofsgaste.
Een van die fynproewersgeregte op die Cronjé-egpaar se spyskaart.
Tyd om die koek te sny!
Die bruidspaar se prettige eerste dans.
Op die dansvloer.
Meer oor:  Bruid Van Die Jaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.