Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Bruide: Gou spring as jy wil inskryf

Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie is ’n goue geleentheid vir pasgetroude paartjies om meer oor die huwelik te leer én ’n reis propvol avontuur.

So sê Leannie Kieser, verlede jaar se wenner.

Vanjaar se kompetisie gee die geleentheid vir bruide wat in 2020 én 2021 getrou het/trou om húl deel van meer as R400 000 se pryse te wen.

Bruide skryf in volgens die maande waarin hulle getrou het.

Leannie Kieser is Beeld se Bruid van die Jaar 2019

Bruide wat in Januarie en Februarie 2020 en 2021 getroud is, moet vinnig spring – inskrywings vir die twee maande sluit Maandag 12:00.

Die Januarie-bruide sal op 1 en 8 April in Beeld gepubliseer word en die Februarie-bruide op 15 en 22 April. Dan kan lesers vir hul gunstelingbruide vir dié maande stem. Die sperdatum vir stemme vir bruide is die daaropvolgende Vrydag nadat die bruid se foto in die koerant verskyn het. Alle stemme moet ons teen 12:00 op die sperdatum bereik.

Die bruid met die meeste punte aan die einde van die maand sal as die wenner vir daardie maand aangewys word.

Die voorlopers word op 29 April aangekondig en die wenbruide vir Januarie en Februarie word op Donderdag 6 Mei in die koerant aangewys.

Hou Beeld elke Donderdag dop vir meer inligting oor die kompetisie en e-pos navrae na tanya.kleynhans@media24.com.

Die bepalings en voorwaardes is op Beeld se Facebook-blad beskikbaar.

Die sperdatums vir inskrywings is 12:00 op die dae soos hier gelys:

  • Januarie en Februarie 2020 en 2021: 29 Maart 2021;
  • Maart 2020 en 2021: 7 Mei 2021;
  • April 2020 en 2021: 11 Junie 2021;
  • Mei en Junie 2020 en 2021: 16 Julie 2021;
  • Julie en Augustus 2020 en 2021: 27 Augustus 2021;
  • September 2020 en 2021: 8 Oktober 2021;
  • Oktober 2020 en 2021: 12 November 2021;
  • November 2020 en 2021: 7 Januarie 2022; en
  • Desember 2020 en 2021: 11 Februarie 2022.

Die wenner van Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie vir 2020 en 2022 sal in April 2022 op ’n gala-aand, geborg deur Memoire, aangekondig word.

Hoe om te stem

Wanneer ’n bruid se foto in die koerant verskyn, kan lesers op enige van of op al drie die volgende maniere vir hul gunstelingbruid stem.

  • Stemproses 1 (elke SMS tel een punt)

SMS Bruide, bruid se naam en van, jou naam en van, woongebied en e-pos-adres na 35986. Begin dus jou SMS met die woord “Bruide” en dan die bruid waarvoor jy wil stem se naam en van.

Die SMS-lyn sal oop bly tot die daaropvolgende Vrydag nadat die bruid se foto’s in die koerant verskyn het. Die lyn sluit 12:00. Elke SMS kos R1,50. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e sal verreken word.

Byvoorbeeld: Bruide, Sannie Smit, Tanya Kleynhans, Auckland Park, tanya.kleynhans@media24.com.

  • Stemproses 2 (elke stem tel vyf punte)

Ekstra koerante kan op ’n Donderdag van die publisering van die bruid se foto­ of op die Vrydag ná publisering by Tanya Kleynhans aangekoop word (stuur e-pos na tanya.kleynhans@media24.com vir meer inligting daaroor).

  • Stemproses 3 (elke stem tel vyf punte)

Knip jou gunstelingbruid se foto uit (slegs oorspronklike foto’s word aanvaa­r), plak dit op ’n A4-bladsy, voeg jou adres en telefoonnommers by en stuur dit na: Bruid van die Jaar, Mediapark, Kingswaylaan 69, Auckland Park 2006. Stemme kan ook by Beeld se kantoor in Johannesburg afgelewer word of gekoerier word na: Ontvangs, Mediapark, Kingswaylaan 69, Auckland Park 2006.

Meer oor:  Bruid Van Die Jaar  |  Beeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.