Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
‘Buff’ nou in Hartenbos gehou

Die gebrul van ysterperde by die Buffalo Rally-motorfietssaamtrek gaan volgende naweek die eerste keer tot nog toe by die ATKV-oord in Hartenbos in die Suid-Kaap opklink.

Die saamtrek word van 12 tot 14 April deur die Nomads-motorfietsklub van Kaapstad aangebied en motorfietsryers van oor Suid-Afrika heen en selfs buurlande neem deel.

’n Foto van ’n vorige Buffalo Rally-saamtrek in Mosselbaai. Foto: Johann van Tonder

Die saamtrek is vantevore by die De Bakke Santos-oord gehou, maar vanjaar vind dit by die ATKV-oord in Hartenbos plaas.

Volgens die organiseerders se Facebook-blad was die rondawels en chalets vir die saamtrek reeds in Desember 2018 vol bespreek. Die program sluit weer gunstelinge in soos die gewilde massa-rit deur Mosselbaai.

Dit is die 14de jaar dat die saamtrek gehou word. Talle liefdadigheidsorganisasies en ook Mosselbaai se burgemeestersfonds vir noodleniging vind baat by die saamtrek.

Die oorsprong van die saamtrek dateer van 1969 toe ’n aantal motorfietsryers van die klub gedurende die Paasnaweek by Silversands naby Robertson gaan kampeer het.

Op sy webblad doen die Nomads-motorfietsklub ’n beroep op Buff-deelnemers om nie die toere van hul motorfietsenjins in die vroeë oggendure op te jaag nie.

Die saamtrek val saam met ’n biddag vir Mosselbaai wat volgens die Mosselbaai-munisipaliteit se Facebook-blad op 14 April om 14:00 in die Van Riebeeck-stadion gehou word. Die biddag is vir alle geloofsgroepe.

Meer oor:  Hartenbos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.