Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Bulle help met kospakkies vir behoeftiges
Die Bulle het Saterdag ander weldoeners gehelp om kospakkies by die Menlyn Maine-winkelkompleks in Pretoria te verpak wat aan die Lizo Gqoboka-stigting oorhandig sal word.

Die Bulle-rugbyspan het hul gewig ingegooi agter ’n welwillendheidsprojek deur die Suid-Afrikaanse Rugbylegendevereniging (Sarla) onder die naam “Rugbyunites Charity Challenge” vir die insameling van kospakkies vir behoeftige gemeenskappe.

Die Bulle het Saterdag weldoeners gehelp om kospakkies by die Menlyn Maine-winkelkompleks in Pretoria te verpak wat aan die Lizo Gqoboka-stigting oorhandig sal word.

Die Springbok-speler en Bulle-stut Gqoboka het die organisasie gestig ter ondersteuning van rugbyontwikkeling in minderbevoorregte gemeenskappe. Die stigting versprei in samewerking met die Bulle kospakkies aan behoeftiges in Gauteng wat weens die Covid-19-pandemie swaarkry.

Gavin Varejes, president van Sarla, het Maandag sy dank teenoor die Bulle uitgespreek.

“Ek is baie trots om te sien dat die groot rugbyunies hierdie uitdaging te midde van die Covid-19-krisis aanpak. Mense het dit regtig nou nodig. Hongerte is ’n probleem wat elke uithoek van ons land raak. Dit eskaleer vinnig en ons moet dit dringend pak,” het Varejes gesê.

Meer oor:  Behoeftiges  |  Kospakkies  |  Bulle  |  Liefdadigheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.