Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Calayde ploeg in SA terug

’n Oud-Tukkie en oud-Menloparker wat haar doktorsgraad in argitektuur in die VSA verwerf het, is terug in die Jakarandastad om haar kennis terug te ploeg.

Calayde Davey (32) het een doel voor oë – om lewensgehalte in haar geboorteland te bevorder.

Calayde Davey is ’n voormalige ontvanger van die gesogte Fulbright-beurs en is ná haar studies in die VSA terug in Suid-Afrika om haar kennis in die gemeenskap terug te ploeg.

Davey, ook die medestigter van Regen50, ’n Suid-Afrikaanse dinksentrum oor verstedeliking, het aan die Laer- en Hoërskool Menlopark skoolgegaan en in 2010 ’n meestersgraad in argitektuur aan die Universiteit van Pretoria voltooi.

Hierna het sy vir ’n jaar in Kuala Lumpur gewoon en gewerk voordat sy die gesogte Fulbright-beurs verwerf het.

“Ek het eers met my tweede aansoek die beurs gekry,” vertel sy.

“Ek het in Manhattan, Kansas, gebly en my doktersgraad aan die Kansas-Staatsuniversiteit verwerf. Die universiteit was nie op my voorkeurlys nie, maar bied ’n interdissiplinêre graad met konstruksie, ekonomie en beplanning aan wat presies by my behoeftes gepas het.”

Davey sê Manhattan is ’n plattelandse studentedorp, baie soos Potchefstroom, waar sterk familiewaardes steeds geld. Die inwoners is groot sportgeesdriftiges met Amerikaanse voetbal en basketbal wat onder hul gunstelingsportsoorte tel.

“Die eerste goed wat ek gekoop het toe ek daar aangekom het, was ’n winterbaadjie en stewels,” vertel sy. “Manhattan kan baie koud word en ek onthou ’n geleentheid wat die sneeu so hoog soos die motors gelê het en hulle heeltemal vasgevries was waar hulle gestaan het. In die somer draai die temperatuur by diep in die 30 ºC met ’n humiditeit soos Durban.”

Davey sê sy het baie lesse in die VSA geleer.

“Ek moes by geleentheid ’n voorlegging doen oor stede in Suid-Afrika. Ná die tyd het ek besef ek weet bitter min van ons geskiedenis. Ek was geskok en skaam oor my beperkte kennis en dit was deel van my motivering om terug te kom Suid-Afrika toe om hier ’n verskil te kom maak.

“Ek het ook gesien Amerikaners is gemaklik om oor baie verskillende onderwerpe te praat waar ons in Suid-Afrika sekere onderwerpe eerder los om konflik te vermy.

“Die wyse waarop Amerikaners vir mekaar omgee, is baie soos ek dit in Suid-Afrika ondervind.”

Oor die toekoms sê Davey sy wil help om Suid-Afrikaanse stede vir die 22ste eeu voor te berei asook om argitektuurstudente se loopbaankeuses te verbreed.

“Ek het ongelooflik baie by die Fulbright-program gebaat en ek kan potensiële kandidate nie genoeg aanmoedig om daarvoor aansoek te doen nie,” sê Davey.

  • Aansoeke vir die Fulbright-program van 2020-’21 is reeds oop en kan nog tot op 19 April 2019 ingedien word. Studente wat ’n meesters- of doktersgraad wil aanpak, kan inskryf. Studente van meer as 150 lande het al by die program baat gevind met 29 Suid-Afrikaners wat verlede jaar hul studies in die VSA begin het. Om meer uit te vind besoek apply.iie.org/ffsp2020.
Meer oor:  Argitektuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.