Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Cheetahs daag Knights, Celtic uit vir 5 km-uitdaging

Die Toyota Cheetahs het sportspanne van die Rosestad uitgedaag om ook hul deel vir liefdadigheid te doen en aan ’n reeks virtuele wedlope oor 5 km deel te neem.

Die Justice League Virtual Run-reeks bestaan uit vyf superheld-wedlope waaraan Suid-Afrikaners landwyd kan deelneem.

Die geld wat deur inskrywings en borge ingesamel word, word aan liefdadigheidsorganisasies geskenk.

Die Cheetahs het ander sportspanne van die Rosestad, die VKB Knights-krieketspan en Bloemfontein Celtic-sokkerspan, uitgedaag om in Oktober aan die volgende wedloop, die Batman Run, deel te neem.

Die spanne het die uitdaging heelhartig aanvaar.

Sportspanne van Bloemfontein aanvaar die uitdaging om aan die Justice League se Superhero Virtual 5 km-wedloop vir liefdadigheid deel te neem. Die Toyota Cheetahs, wat reeds aan die wedloop deelgeneem het, het die VKB Knights en Bloemfontein Celtic uitgedaag om aan die volgende 5 km-wedloop deel te neem. Migael Pretorius (links) van die VKB Knights en Tumelo Mangweni (regs) van Bloemfontein Celtic het die uitdaging deur die Cheetah Duncan Staal (middel) aanvaar. Foto: Mlungisi Louw

Die Justice League-wedloop het sy ontstaan uit die DC-strokiesprent-superhelde en moedig Suid-Afrikaners aan om deur hul deelname ’n superheld vir liefdadigheidsorganisasies te wees, veral in die onsekere tye waarin die Covid-19-pandemie die land gelaat het.

Ronel Pienaar, kommunikasiebestuurder van die Vrystaat Rugbyunie, sê dit is veral in dié uitdagende tye dat die unie daarna streef om ’n verandering in die gemeenskap te maak.

Die Cheetahs se bydrae gaan aan die Headstart Kids-organisasie.

Lily Geerdts, stigter van Headstart Kids, sê hoewel die organisasie nasionaal fokus, word meer as 130 000 kinders in die Vrystaat gehelp.

Sportspanne van Bloemfontein aanvaar die uitdaging om aan die Justice League se Superhero Virtual 5 km-wedloop vir liefdadigheid deel te neem. Die Toyota Cheetahs, wat reeds aan die wedloop deelgeneem het, het die VKB Knights en Bloemfontein Celtic uitgedaag om aan die volgende 5 km-wedloop deel te neem. Migael Pretorius (links) van die VKB Knights en Tumelo Mangweni (regs) van Bloemfontein Celtic het die uitdaging deur die Cheetah Duncan Staal (middel) aanvaar. Foto: Mlungisi Louw

Die organisasie wil verseker dat kinders genoeg gesonde kos kry.

“Die organisasie is landwyd betrokke en anders as met ander soortgelyke organisasies nie aan ’n spesifieke skool of hospitaal verbind nie.

“Ons gaan na waar die behoefte vir gesonde kos is,” sê Geerdts.

“Ons ondersteun juis dié organisasie om te verseker kinders kry die nodige voedingstowwe in om goeie ontwikkeling en groei te verseker,” sê Pienaar.

Die Cheetahs, VKB Knights en Bloemfontein Celtic neem op 11 Oktober aan die Batman Run deel.

Die drie spanne daag Vrystaters uit om ook op dié dag hul kilometers af te lê en in die pret te deel.

Deelnemers kan kies of hulle 2,5 km, 5 km, 7,5 km of 10 km wil draf of stap.

Meer oor:  Reeks  |  Liefdadigheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.