Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Cheetahs pak trollies vol vir liefdadigheid
Die Cheetahs gaan Sondag hul deel vir liefdadigheid doen as deel van die #RugbyUnites-veldtog. Hier is drie Springbokwêreldbeker-wenners, Elton Jantjies, die Leeus se kaptein, John Smit en Bryan Habanna.

Cheetah-spelers sal Sondag hul deel vir die gemeenskap doen wanneer hulle hul winkeltrollies vir liefdadigheid vol pak.

Die manne in die oranje-en-wit truie het ’n uitdaging van die #RugbyUnites-veldtog aanvaar en sal Sondag saam met verskeie Springbok-legendes en Wêreldbeker-wenners bymekaarkom om as rugbygemeenskap ’n verskil te maak.

Die #RugbyUnites-liefdadigheidsveldtog, waar kospakkies vir plaaslike gesinne in nood gepak word, sal ook die eerste keer ’n voetspoor buite die grense van Gauteng los.

Die inisiatief word aangevoer deur die South African Rugby Legends Association (Sarla) en is oorspronklik in samewerking met die Leeus begin.

Die naweek se verrigtinge, wat by die Spar in Langenhovenpark plaasvind, sal boonop deur voormalige Bokke soos Os du Randt, Juan Smit, Helgard Muller, Ollie le Roux en Naas Botha bygewoon word.

Hawies Fourie, hoofafrigter van die Cheetahs, sê hulle wil Sarla bedank vir die inisiatief.

“Dis ’n groot voorreg om te kan deel vorm van ’n inisiatief wat ’n verskil in die gemeenskap maak,” sê Fourie.

“Die inperking het ons almal tyd gegee om oor die lewe te besin en te besef wat belangrik is.

“Om mense in nood te help is beslis boaan daardie lys.

Die pakkies sal deur die Cheetah-vleuel Craig Barry se organisasie, Be the Difference Foundation, na hulpbehoewende gesinne in en om Bloemfontein versprei word.

Tian Meyer, Cheetah-kaptein, sê dit is goed vir hulle as ’n span en bestuur om in die moeilike tye saam te staan.

“Dis belangrik dat ons met ander rugbyunies hande vat om die mense in nood te kan help.”

Die Wêreldbeker-wenners, die oud-Springbokkaptein John Smit, en Elton Jantjies, wat nou as kaptein vir die Leeus uitdraf, sal hulle ook Sondag by die Cheetahs in Bloemfontein aansluit.

Meer oor:  Tian Meyer  |  Hawies Fourie  |  Bloemfontein  |  Liefdadigheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.