Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Clare nou onder SA se stylvolstes

Clare Wiese-Wentzel is as die “Next Big Thing” aangewys op die 21ste SA Style Awards, wat Sondagaand in Sandton City gehou.

Die sakevrou, blogger en aanbieder van die nuwe kykNET-werklikheidsreeks Mooimaak het die prys gedeel met Kefilwe Mabote, wat oor luukse modes blog.

“Dis wonderlik om vir die werk wat ek die jaar op Mooimaak en met my blog The Global Critic gedoen het, erken te word deur ’n SA Style Award-prys. Dis ’n reuse-kompliment. Ek is baie dankbaar en ek sien uit na wat die toekoms inhou,” sê Wiese-Wentzel.

Candice Swanepoel het die prys gewen vir Suid-Afrika se stylvolste model en haar ouers, Eileen en Willem, het dit namens haar ontvang. Die model is tans in Shanghai waar sy vir die Victoria’s Secret-vertoning voorberei.

Jenny Andrew, die ikoniese moderedakteur wat onlangs oorlede is, is met die prys vir die stylvolste ikoon in Suid-Afrika gehuldig. Colin Coleman, besturende direkteur en vennoot by Goldman Sachs, is aangewys as die stylvolste sakepersoon.

Ander wenners sluit in LootLove, radio- en MTV-aanbieder (innoverendste styl), Thembisa Mdoda, aanbieder van Our Perfect Wedding (stylvolste persoon in flieks of op TV), Black Coffee (stylvolste musikant), en Ayanda Thabethe, Top Billing-aanbieder (stylvolste mediapersoon). Die stylvolste ontwerper was Tristan du Plessis. Die televisie-aanbieder Dineo Moeketsie en kletsrymer Solo is as die stylvolste paartjie aangewys.

Die wenners is gekies deur ’n paneel beoordelaars van oor Suid-Afrika heen.

Vorige wenners sluit in Elana Afrika-Bredenkamp, Jeannie D, Lady Kitty Spencer en Bonang Matheba.

Clare Wiese-Wentzel is Sondagaand bekroon vir haar styl. Foto: Instagram/@clarewiesewentzel
Die Victoria’s Secret-model Candice Swanepoel het die prys vir die stylvolste model gewen. Foto: Verskaf
Kefilwe Mabote het die prys met Clare Wiese-Wentzel gedeel. Foto: Verskaf
Ayanda Thabethe het die prys vir stylvolste mediapersoon gewen.Foto: Verskaf
LootLove se styl is as die innoverendste bekroon.Foto: Verskaf
Dineo Moeketsie en Solo het die prys vir die stylvolste paartjie gewen. Foto: Verskaf
Thembisa Mdoda, die stylvolste persoon in flieks of televisie, en die voormalige Mej. Suid-Afrika Basetsana Khumalo. Foto: Instagram/@fashioninafrica
Die voormalige Mej. Suid-Afrika, Vanessa Carreira, by die SA Style Awards. Foto: Instagram/@vanessacarreira
Die modeontwerper Tristan du Plessis, wat die prys as stylvolste ontwerper gewen het. Foto: Verskaf


Meer oor:  Clare Wiese-Wentzel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.