Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Cyril toets dié Kaapse ‘kombuis’ uit

Werknemers van The Test Kitchen in Woodstock, Kaapstad, het die naweek behoorlik bontgestaan – enersyds om vir pres. Cyril Ramaphosa kos te maak en hom te bedien; andersyds met selfone om foto’s saam met hul geëerde klant te neem.

Boonop was daar die bykomende stres om die horlosie dop te hou om 21:00 toe te maak, want “die man wat gesê het ons moet toemaak, is saam met ons in die gebou”, het Xolile Msimanga, werknemer, grappenderwys op Instagram geskryf.

Hy skryf darem ook: “Dit is ’n plesier om vir die president te kook.”

Omdat ’n mens nie aldag die president in lewende lywe sien nie – wat nog te sê daarvan om vir hom te kook – het Carla Schulze, nog ’n werknemer, ook die geleentheid aangegryp om dit op kamera vas te lê.

Die bestuur van dié bekroonde restaurant wou nie kommentaar lewer nie weens klante se reg op privaatheid.

Pres. Cyril Ramaphosa die afgelope naweek saam met werknemers van The Test Kitchen in Woodstock, Kaapstad. Foto: Instagram/Xolile Msimanga
Carla Schulze van The Test Kitchen op ’n selfie saam met pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Instagram/Carla Schulze
Idrees Adams van The Test Kitchen en pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Instagram/Idrees Adams
Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Kaapstad  |  Woodstock
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.