Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Daar’s ’n plant op my stoep!

Saffron de la Rouviere het haar liefde vir huisplante in ’n volwaardige onderneming omgeskep.
Sy is haar werk kwyt, maar dié Kapenaar verfraai nou huise via koerierdienste, skryf Liesl Peyper.

’n Kapenaar wat dol is op huisplante het haar stokperdjie ná ’n loopbaan in die politieke wetenskap en skakelwese in ’n volwaardige onderneming omgeskep.

Saffron de la Rouviere van Houtbaai het ’n jaar gelede ’n plantklub begin. Eers was dit net ’n netwerk vir haar en haar medehuisplant-liefhebbers, maar binne ’n paar maande het dit gelei tot ’n subskripsiediens. Teen R450 per maand ontvang intekenaars elke eerste week van die maand ’n “verrassingsboks” met ’n huisplantjie en geskenkie daarby by hul voordeur.

Haar getal intekenare het van net nege mense in Februarie aangegroei tot sowat 150 en dit is mense oor die land heen; “selfs afgeleë dorpies soos Springbok en Richmond".

Haar getal intekenare het van net nege mense in Februarie aangegroei tot sowat 150 en dit is mense oor die land heen; “selfs afgeleë dorpies soos Springbok en Richmond,” sê sy.

Saffron en haar span van twee pak een naweek in ’n maand al die verrassingsbokse sodat dit die eerste Maandag versend kan word.

“Die plante kan nie oor ’n naweek iewers gestoor word nie, so ons maak seker dat elke intekenaar sy boks binne vyf dae – Vrydagmiddag op die laatste – kry.”

Suid-Afrika se koerierbedryf het die afgelope tyd al hoe beter geword met aflewering en dit maak dit makliker om sensitiewe goed soos plante te versend, sê Saffron.

Die verpakking was aanvanklik ’n uitdaging en Saffron moes eksperimenteer met die beste maniere om ’n plant veilig te vervoer.

“As ’n boks in ’n voertuig rondskuif, moet jy seker wees die plant kom ongeskonde by sy bestemming uit.”

Een van die huisplantjies wat Saffron se intekenare in November in ’n “verrassingsboks” ontvang het.

Saffron kies elke maand ’n nuwe huisplant wat goed sal aard. “Ek het meer as 400 verskillende huisplante, so ek probeer vir mense gewilde plante stuur, maar wat ook nie maklik sal doodgaan nie.”

Die gewildste huisplant in Suid-Afrika is die “geskakeerde deliciousmonster”, sê sy. “Die plant het ’n genetiese afwyking en baie van die blare is gedeeltelik wit.

“Dis baie moeilik om hulle in Suid-Afrika te kry en ’n klein plant kan jou tot R2 000 uit die sak jaag.”

Saffron se raad aan nuwe “plant-ouers” is om iets soos ’n peace lily aan te skaf. “Die plantjie ‘praat’ met jou: As hy dors is, is hy futloos en dit lyk of hy op sy sterfbed is. Maar gee hom water en dit lyk binne ’n paar uur of jy nog al die tyd sy beste vriend is.”

Intekenaars hoef nie bekommerd te wees dat hulle nie sal weet hoe om hul plantjies te versorg nie; in elke verrassingsboks is daar ook ’n boekmerk met baie riglyne oor onder meer hoe gereeld die plantjie moet water kry.

Soos baie Suid-Afrikaners is Saffron tydens die inperking afgelê, maar nou kry Saffron’s Garden al haar aandag. “My onderneming doen baie goed, maar ek besef my storie het ’n beter einde as dié van baie ander mense.”

Meer oor:  Huise
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.