Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Danksy klein Grace het Missionvale nou ’n babakluis
Daar was groot opwinding by die Missionvale-sorgsentrum toe die babakluis amptelik geopen word. Agter van links is Charmaine Keevy, Linda van Oudheusden en Kim Mitchell. Voor staan suster Ethol Normoyle van die sentrum. Foto: Kailin Daniels/PE Express

In April verlede jaar het Charmaine Keevy op ’n verlate baba afgekom toe sy met haar hond gaan stap het.

Keevy, stigter van die Celebration of Grace-projek, het sedertdien met organisasies en individue begin saamwerk om ’n alternatief te bied vir ma’s wat so desperaat is dat hulle dit oorweeg om hul babas weg te gooi. Die veilige alternatief was om babakluise by verskillende plekke in die stad gevestig te kry.

Keevy het Maandag, sowat 18 maande sedert haar ontmoeting met die baba, Grace, daarin geslaag om ’n babakluis by die Missionvale-sorgsentrum bekend te stel.

Om dié droom te kon bewaarheid, het Keevy met Kim Mitchell van ABC Private Safety Care saamgewerk.

Sue Atherton, Grey High School se skakelbeampte, het geld ingesamel om die babakluis by Baby Safe International te kon koop.

“Die idee om ’n veilige alternatief te bied aan ma’s – eerder as om hul babas in die bosse of op ashope te gooi – het gekom die dag toe ek op haar (Grace) afkom. Dit was ’n keerpunt in my lewe,” sê Keevy.

“In daardie oomblik toe ek haar klein, koue lyfie vashou, het ek geweet ek kan nie net wegloop nie. Ek was nie kwaad nie en het ook nie gevoel ek moet die ma oordeel nie.”

Mitchell sê hulle weet dat geen ma hul kinders wil weggooi nie, maar dat omstandighede soms daartoe lei dat hulle tot dié stap oorgaan.

“Ons babakluis is die laaste uitweg vir desperate mammas wat hulle in ’n krisis bevind en wat geen uitkomkans sien nie. Dit is veilig en anoniem,” sê sy.

ABC Private Safety Care het families wat reeds vooraf goedgekeur is en wat gereed is om na die babas om te sien totdat hulle aangeneem word.

Volgens navorsing van die Mediese Navorsingsraad wat in 2018 gedoen het, oorleef daar jaarliks 3 500 babas wat verlaat is. Dieselfde navorsing toon dat 65% van die kinders wat verlaat word, pasgeborenes is en 90% is onder die ouderdom van een jaar.

* In Suid-Afrika is babakluise ingevolge die Kinderwet steeds onwettig, maar al hoe meer word opgerig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.