Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Dash-dieet: Hier is vir jou 'n korrekte eetplan

Dit is vanjaar vir die agtste keer agtereenvolgens in Amerika aangewys as die beste dieet juis omdat dit soveel resultate gee sonder om spesifieke kos uit te skakel.

Die Dash-dieet of “Dietary Approaches to Stop Hypertension” is ’n eetpatroon wat oorspronklik ontwerp is om bloeddruk effektief te verlaag. Sedertdien is bewys dit is doeltreffend vir verslanking, verlaging van cholesterol, sowel as die behandeling en voorkoming van tipe 2-diabetes en kanker.

Anika Barnard, geregistreerde dieetkundige en praktykhoof van Cape Gate Dietitians, het spesiaal ’n week lange eetplan vir Netwerk24 uitgewerk. Foto: Verskaf

Anika Barnard, geregistreerde dieetkundige en praktykhoof van Cape Gate Dietitians, sê die eetpatroon behels die inname van groot hoeveelhede groente en vrugte, matige inname van laevet- of vetvrye suiwel en vleis, sowel as grane, peulgewasse, neute en sade. Dit beperk die inname van suiker, vette en olies.

Gevolglik is dit ’n hoëvesel-, matige-vet-dieet, ryk aan kalium, kalsium, magnesium en anti-oksidante.

“Dit is vanjaar vir die agste keer agtereenvolgens aangewys as die beste dieet juis omdat dit soveel resultate gee sonder om spesifieke kos uit te skakel.

“Dit word as ’n lewenslange oplossing beskryf. Dis so gebalanseerd en gesond dat kinders dit ook kan volg. Die dieet kan ook maklik aangepas word vir vegetariërs. Ek vind dat my pasiënte wat op die dieet is, mal is oor die kleurryke etes en versnaperinge. Hul voel tevrede, versadig en energiek en dis ’n groot pluspunt vir enige dieet.”

Annelie Smith, ’n geregistreerde dieetkundige van Impact Clinics Cape Town, sê in vergelyking met die tipiese Westerse dieet is die Dash-dieet ontwerp om bloeddruk te verminder vanweë die beperking van natrium en die hoë inname van plantvoedsel.

Annelie Smith, geregistreerde dieetkundige by Impact Clinics Cape Town Foto: Verskaf

“Hierdie dieet is in die 1990’s saamgestel in reaksie op hoë bloeddruk en dus kardiovaskulêre siektes. Die Dash-dieet is laag in dierevet en suiker. Dit bied meer kalsium, kalium en magnesium in die dieet.”

Die volgende sewedag-spyskaart is spesiaal deur Barnard vir Netwerk24 opgestel.

“Die porsies is aangepas vir vroue van 18 jaar en ouer wat gewig wil verloor. Dis ’n generiese plan en moet eintlik volgens huidige gewig en doelwitte aangepas word.

“Die hoeveelheid gewig wat verloor kan word, hang af van persoon tot persoon afhangende van hoeveel gewig jy het om te verloor, hoe aktief en hoe oud jy is.

“’n Gesonde, gebalanseerde dieet met ’n vermindering in die totale energie-inname sal egter wel lei tot gewigsverlies. “Die beste is om te mik vir 0,5- tot 1 kg-gewigsverlies per week. Dis beter om 5% tot 10% van jou liggaamsgewig te verloor en dit minstens ses maande lank af te hou as om meer te verloor en weer die gewig op te tel.”

Meer oor:  Gesondheid  |  Eetplan  |  Leefstyl  |  Gewigsverlies  |  Somerlyf  |  Dash-Eetplan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.