Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Deelnemers opgewonde oor Eden-straatmyl-reeks

Groot opgewondenheid heers oor die Bestmed Eden-straatmyl-reeks wat in die feestyd in Oudtshoorn, George en Hartenbos in die Suid-Kaap plaasvind.

Foto: Pixabay

Die prysgeld beloop R100 000 en inskrywings van topatlete en fietsryers is reeds ontvang, luidens ’n verklaring deur die Klein Karoo Atletiekfonds.

Die eerste been van die reeks, bekend as die Bestmed Klein Karoo-straatmyl, word op 17 Desember in Baron van Reede-straat in Oudtshoorn aangebied. Die tweede been, die Bestmed Madibaz-straatmyl, vind op 19 Desember op die Nelson Mandela-Universiteit se kampus in George plaas en die derde been, die Bestmed ATKV-straatmyl, op 21 Desember by die ATKV-terrein in Hartenbos.

Die Universiteit van die Vrystaat borg weer die Grand Prix-deel van die reeks.

Die atletiek-straatmyl word aangebied vir sub-Juniors (9 tot 13 jaar), juniors (14-19) Elite/Ope (20-39) en die 40+-afdeling.

Om meer vir die vakansie-besoekers te bied, word saam met die Madibaz-straatmyl ’n bergfiets (MTB Eliminator) en ’n voetslaan-staptog aangebied. Ook dié inskrywings kan op www.edenmiles.co.za gedoen word.

Bestmed bied ook op 15 Desember by Oubaai en 20 Desember by Hartenbos-strand aktiwiteite vir die publiek aan.

Vir meer inligting besoek www.edenmiles.co.za of bel vir Hans van der Veen by 083 462 0477 of Dave van der Walt by 082 773 4901.

Meer oor:  Bestmed Eden-Straatmyl-Reeks  |  Suid-Kaap  |  Oudtshoorn  |  George  |  Hartenbos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.