Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Dekor vir troudag lus vir die oog

Geen dogtertjie droom oor haar troudag sonder om te dink aan die blomme, kerse en pragtig gedekte tafels nie, sê Anzel Meintjes van die Wedding Hub SA. Dié droom gaan bewaarheid word vir die wenners van vanjaar se Wedding Hub-skattejag.

The Flower and Wedding Yard borg blomme en dekor ter waarde van R42 000 om die troues van dié wat die eerste, tweede en derde plek in die skattejag behaal, ’n lus vir die oog te maak.

“Ons gaan die wenners se troues omskep in hul perfekte droomdag-prentjie,” waarborg Susan van Biljon, die eienaar van The Flower and Wedding Yard.

’n Voorbeeld van hoe The Flower and Wedding Yard met dekor toor om ’n sprokiestroue te verseker.Foto’s: The Flower and Wedding Yard

Sy sê haar onderneming bied ’n wye verskeidenheid dienste aan, “van dekor- en blomstilering, dekor-verhuring, bloemiste, koördinering en skryfbehoeftes tot drapering, feetjieligte en veel meer”.

Boonop ontwerp Biljon en haar span eiesoortige pakkette wat aan elke bruid se vereistes voldoen.

Verloofde paartjies word genooi om in te skryf vir die skattejag, wat op 7 November begin. Hulle sal leidrade volg en legkaarte bou met die hoop om ’n troue, wittebrood en vele ander pryse te wen.

Besoek www.weddinghub-sa. co.za vir meer inligting oor die skattejag, wat moontlik gemaak word deur onder meer Wedding Hub, Diep in die Berg, Olivelli, Beeld en Pretoria FM.

Kyk op Facebook na The Flower and Wedding Yard vir nog voorbeelde van hul handewerk.

Meer oor:  Skattejag  |  Troudag  |  Dekor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.