Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Desember se wenbruid gesels

Odette Roux van Boksburg, die Desemberwenner in Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie is op 7 Desember met Dewald getroud. Sy deel meer oor haar groot dag.

Odette Roux se skoene en juweliersware het haar fokus op eenvoud weerspieël.
Dewald Roux se skoene en bykomstighede.
Odette en haar pa maak gereed om by die kerk in te stap.
Die paartjie voor die kansel.
Groot glimlagte!
Mnr. en mev. Roux.
Die paartjie het die reën as ’n seën op hul huwelik gesien.
Die bruidspaar.
Op die dansvloer.
Die tafels het pragtig gelyk.
Die tafeldekor was treffend.
Anderland as venue het aan al Odette se drome voldoen.
In die kapel.

Vertel ons meer van jou rok.

Die cliché is waar – ek het onmiddellik geweet dié is die een. My ma en ek het na ’n hele paar boetieks gegaan op soek na die regte een. Die aanpas was nie ’n maklike proses nie maar beslis dié deel van die troue wat ek die meeste geniet het.

Ek is nie ’n mens vir tierlantyntjies nie en was op soek na ’n klassieke styl en presies dit het ek by Bridal Manor in Pretoria gekry. Ek het wel ’n dramatiese sluier gekies om ’n sagtheid te verleen aan my rok wat redelik minimalisties was. Tydens die onthaal die aand het ek ’n blink belt by my rok gedra.

Vertel ons van jou dekor en beplanning – het jy ’n tema of kleurskema gehad?

Die trou venue waarop ek en Dewald besluit het was alles wat ons nog altyd wou hê. Anderland in Potchefstroom is klassiek en stylvol met ’n ouwêreldse gevoel wat deurgedra is na die sagte kleure van die dekor en blomme.

Ons het besluit op ivoor, salie en goud as ons kleure wat perfek gepas het by die boomryke, oorwegend groen venue en omgewing.

Ons was baie bevoorreg dat Anderland baie van die beplanning van ons hande af geneem het en ons slegs kon fokus daarop om ’n lekker kuier troue te hê. Die gaste op ons troudag was elkeen spesiaal en na aan ons harte en iets waaroor ons baie seker was, was dat ons persoonlik tyd met elke liewe gas wou deurbring.

Vertel meer oor jou spyskaart.

Vir ons was goeie kos belangrik en ons was nie teleurgesteld nie, dit was behoorlik watertandlekker. Die spyseniers het hulself oortref. Al die geregte was smaaklik en goed voorberei. Komplimente van ons gaste was volop!

Hoewel ons besluit het op ’n buffet, het ons dit so bietjie anders gedoen. Die spyseniers het vir my en Dewald by ons tafel bedien, sodoende kon ons ook rustig ons eerste ete as pasgetroudes saam geniet!

Vir ons spyskaart het ons gekies ’n voorgereg wat in die binnehof bedien is tydens die fotosessie. Die hoofmaaltyd het ingesluit ontbeende lamsboud met bruinsous en vars roosmaryn, bobotie, witrys met pietersielie ’n warm aartappelgereg met spek en kaas en ’n geroomde spinasiegereg met feta en mozzarella.

Die nagereg was roomkaastert met vrugte-coulis, sjokolademousse-pavlova en malvapoeding.

Wat is die een ding van jou troudag wat vir jou uitstaan?

As ek terugdink aan my troudag is die een ding wat my verseker altyd sal bybly, die sagte deurdringende reën wat reeds die week voor ons groot dag uitgesak het.

Ná ’n baie lang landwye droogte was dit vir ons ’n boodskap van besondere seën op ons troudag en een en elk van ons gaste was dit eens dat die onophoudelike reën net vreugde verskaf het en die dag ekstra spesiaal vir almal gemaak het.

Het jy enige wenke oor hoe jy koste besnoei het?

  • Probeer jou gastelys beperk – soek jou gaste met die hand uit. As jy in ’n paar jaar nie kontak met iemand gehad het nie is daar geen nut om hulle uit te nooi nie
  • Pasop vir te veel detail, dit kan nogal koste opjaag. Hou die dekor eenvoudig en stylvol.
  • Geskenkies vir die gaste is ’n onnodige uitgawe.

Drie wenke vir voornemende bruide

  • Probeer om nie te veel tierlantyntjies in die troue in te bring nie. Dit vat onnodig tyd weg van wat werklik saak maak – samesyn met vriende en familie.
  • Geniet alles op jul troudag, dis ’n ervaring wat jy wil onthou en wil terugdink aan al die goeie herinneringe. Moenie oor onbenullighede bekommer nie.
  • Die beste advies wat ons aan enige voornemende bruidspaar kan gee is om bewus daarvan te wees dat dit belangrik is om tyd te maak vir mekaar so deur al die feesvieringe deur. Geniet en ervaar elke oomblik saam.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.