Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Destydse reisiger (84) van Kaap tot Kaïro sterf tuis

’n Legendariese figuur en ’n inspirasie.

Dit is voorwaar die perfekte beskrywing van Julia Albu (84), die vrou wat op 80 met haar Toyota Conquest van Kaapstad tot in Kaïro gery en daarna ’n boek daaroor geskryf het om lesers met haar vreemde ervarings te vermaak.

Dit is met hartseer dat ons hierdie inskrywing maak – een wat heeltemal te vroeg vir almal van ons is. Ons geliefde ma, Julia, ’n inspirasie vir soveel, is in die vroeë oggendure oorlede.
Julia Albu en haar Toyota Conquest in Soedan. Foto: Verskaf

Albu, wat in Kaapstad gewoon het, is Maandag in haar huis dood, het haar kinders in ’n kennisgewing op die Facebook-blad My African Conquest, bekend gemaak.

“Dit is met hartseer dat ons hierdie inskrywing maak – een wat heeltemal te vroeg vir almal van ons is. Ons geliefde ma, Julia, ’n inspirasie vir soveel, is in die vroeë oggendure oorlede.”

Die boodskap lui verder dat sy tuis sonder pyn en op haar eie tyd gesterf het. Sy het nie Covid-19 gehad nie.

Albu het op 80 die avontuur van haar leeftyd gehad toe sy met haar 20 jaar oue Conquest (1997-model), wat sy Tracy genoem het, die pad na Kaïro gevat het. Sy het op die oggend van 13 Junie 2017, op haar 80ste verjaardag, uit Kaapstad gery.

’n Meer onlangse foto van Julia Albu wat sy op haar Facebook-blad My African Conquest gedeel het. Foto: Facebook

Van haar gesinslede het hulle op dele van haar roete by haar aangesluit, maar groot dele het sy alleen aangepak totdat sy vroeg in Januarie 2018 in Kaïro aangekom het.

Soos sy van die een land na die ander gery het, het sy haar reisjoernaal met volgelinge gedeel en uiteindelik die boek My African Conquest geskryf. Dit is deur Jonathan Ball-uitgewers gepubliseer.

Daar was byna 300 boodskappe van so ver as uit Australië en Amerika in reaksie op die nuus van haar dood.

Van die boodskappe lui:

“My innige simpatie aan jul gesin. Watter wonderlike avonturier-ma het julle gehad. Ek was so lief daarvoor om haar te volg. Wanneer die hartseer weg is, julle sal haar altyd mis, sal julle wonderlike herinneringe van haar hê.”

“Sy was ’n legende en ’n inspirasie. Ons was so lief daarvoor om haar reis in Tracy te volg . . .”

“Julia sal ’n ongelooflike inspirasie vir soveel mense bly – ’n mens is nooit te oud om nuwe drome te hê en dit te verwesenlik nie.”

 

Lees meer:https://www.facebook.com/myafricanconquest/

Die boek ‘My African Conquest’, uitgegee deur Jonathan Ball-uitgewers, waarin Julia Albu haar avontuur gedeel het. Foto: Argief


Meer oor:  Reisiger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.