Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Die dag toe Madiba vir Zapiro ontbied het
Die befaamde spotprenttekenaar Jonathan Shapiro (Zapiro) vertel Woensdagoggend in Pretoria meer van sy spotprent oor Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa. Foto: Sarel van der Walt

Omdat hy in sy spotprente baie krities teenoor die ANC was, was die befaamde spotprenttekenaar Zapiro bekommerd toe Nelson Mandela, toe nog president, hom in 1998 na sy kantoor ontbied het.

Maar Madiba het hom nie oor sy spotprente geroskam nie. Hy het aan Zapiro (sy regte naam is Jonathan Shapiro) gesê hy besef dat hy net sy werk as spotprenttekenaar doen, het hy Woensdagoggend op ’n byeenkoms van Old Mutual Beleggings in die Atterbury-teater in Pretoria, gesê.

Hy het die verhaal agter baie van sy spotprente die afgelope sowat 20 jaar met die gehoor gedeel.

Shapiro, wat Jacob Zuma graag met ’n stortkop teken en al twee keer deur Zuma om miljoene rande gedagvaar is, sê hy kan nie verstaan hoe daar steeds mense is wat na dié oudpresident as ’n leier opsien nie.

Zapiro by die spotprent nadat die konstitusionele hof die persoonlike gebruik van dagga gewettig het.Foto: Sarel van der Walt

“Die mense kon al in 2002 sien dat hy nie die regte leier is nie, maar die ANC het voortgegaan en hom gekies.

Die spotprenttekenaar Jonathan Shapiro (Zapiro).Foto: Sarel van der Walt

“Ek kan nie verstaan hoe dit gebeur het nie. Hy was duidelik die verkeerde keuse,” sê Shapiro.

“Ondanks die kommer wat ek op die oomblik oor (pres.) Cyril Ramaphosa het, hoop ek hy sal dinge regruk.

“Hy is steeds duisend keer beter as Zuma. Ek hoop hy (Ramaphosa) is nog die ‘ou’ Cyril,” het Shapiro gesê.

Hy meen ook Suid-Afrika dra steeds die gevolge van Zuma se besluite om Pravin Gordhan twee keer as minister van finansies af te dank.

Shapiro, wat deesdae vir die webwerf Daily Maverick spotprente teken, het onder meer vertel dat toe Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, in ’n geel pak klere voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping verskyn het, het hy dadelik besef hy kan hom as ’n kanarie teken.

Dit het ook baie gehelp dat Agrizzi met die hele sak patats vorendag gekom het.

Meer oor:  Nelson Mandela  |  Zapiro
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.