Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Dié is g’n werk, dis pássie, sê Noordheuwel se afrigter

My droom was as rugbyspeler om ’n Springbok te word en in najaging van dié droom het ek 10 jaar gelede oorsee (in Ierland en Brittanje) gaan rugby speel.

As deel van my pligte moes ek skolerugby afrig. Dis hiér waar ek my passie vir afrigting ontdek het en my eertydse droom laat vaar het.

In 2009 het ek na Suid-Afrika teruggekeer.

Owen Ferrell (die kaptein van die Engelse rugbyspan), Rocky Truter en Eddie Jones (afrigter van die Engelse rugbyspan).

Ek is as sporthoof by die Hoërskool Die Anker in Brakpan aangestel en ek het alle kursusse bygewoon om meer te leer.

Tydens een van Jake White se Winning Way-afrigtingskursusse het Eddie Jones, breier van die Engelse rugbyspan, my raakgesien.

Jones het my genooi om drie weke saam met hom in Japan by sy klub Suntory Sungoliath deur te bring sodat ek meer oor afrigting kon leer.

Hier het ek gesien hoe ’n professionele klub bedryf word.

Ek is uiteindelik drie jaar gelede as rugbydirekteur by die Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp aangestel.

Die eerste dag was dit reeds duidelik dat dít is waar ek wil wees.

Alles is topgehalte – die geriewe, die onderwysers en die leerlinge en die bonus is die pragtige uitsig wat jy vanaf die hoogste Afrikaanse skool ter wêreld kry.

Die Bybel sê mos ons moet soos ’n stad op ’n berg wees wat nie versteek kan word nie.

My hart klop nog altyd blou vir Nories.

Dit is oomblikke soos dié wat dit vir ons as sportafrigters die moeite werd maak, want ons besef ons is besig om die Bokke van môre te vorm.

Daar is nie een dag wat ek wakker word en daarna opsien om skool toe te gaan nie. Ek is elke dag opgewonde, want ek weet elke dag gaan ’n lekker een wees met kinders wat die Noriegees steun.

Dis vir my ’n voorreg om met die seuns te werk en ’n invloed op hul lewens te hê.

Rugby leer hulle van harde werk en selfdissipline, terwyl dit ook spangees vorm.

Vanjaar was vir ons besonder spesiaal omdat ons vir die eerste keer in die skool se geskiedenis in die Virsekerbeker-eindstryd gespeel het.

Ons het die seisoen met vyf nederlae begin, dus was die pad baie harder.

Daarom wil ek vir die seuns krediet gee omdat hulle by elke oefening hard gewerk het, deurgaans gebid en geglo het.

Dit is so belangrik vir ouers om jul kinders te ondersteun en die afrigters te vertrou, want ons het vanjaar bewys dit maak nie saak hoe jy begin nie, maar hoe jy eindig.

Die berg voor ons was groot en moeilik om te klim, maar die uitsig van bo af is ongelooflik.

Dit is oomblikke soos dié wat dit vir ons as sportafrigters die moeite werd maak, want ons besef ons is besig om die Bokke van môre te vorm.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.