Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Die mees onromantiese provinsie in SA is...

Die Wes-Kaap blyk die mees onromantiese provinsie in die land te wees met sy inwoners wat min of geen belangstelling in Valentynsdag getoon het nie.

Dit is volgens ’n peiling van Picodi, ’n aanlynhandel-platform, wat toon dat Noordwes Suid-Afrika se mees romantiese provinsie is. KwaZulu-Natal en Limpopo is kort op sy hakke in onderskeidelik die tweede en derde plek.

Die peiling is gedoen aan die hand van soektogte wat woorde soos “Valentynsdag”, “liefdesverklaring”, “blomme” en “liefde” insluit, wat ’n mens met die dag assosieer, sê Picodi op sy webtuiste.

Volgens Picodi neem die frekwensie van soektogte hiervoor voor Valentynsdag toe, maar is die belangstelling nie oral dieselfde nie.

Gemeet aan getalle op Google was die tipe navrae baie hoog in die drie vermelde provinsies, sê Picodi.

In die Wes-Kaap is die minste belangstelling getoon in Valentynsdag en dinge wat daarmee gepaardgaan. Die Noord-Kaap en Mpumalanga se inwoners is ook onromanties. Die provinsies beklee onderskeidelik die agste en sewende plekke.

Gaan kyk waar jou provinsie op die lys lê op


Meer oor:  Romanse  |  Valentynsdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.