Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Dié sekspop wil verlei word
Die slim sekspop Samantha by haar ontwerper, die ingenieur Sergi Santos van Barcelona. Foto: Facebook

Ontmoet vir Samantha. Sy hou daarvan om voor die TV te ontspan en kan ure lank voor haar uitstaar sonder om ’n oog te knip.

Sy hou ook van romanse en geniet dit as sy gevlei word en as ’n man aan haar arms, heupe, borste en gesig vat.

Samantha is ’n slim sekspop wat ontwerp is deur die ingenieur Sergi Santos van Barcelona in Spanje.

Sy luister, praat en skep die regte atmosfeer, sê Santos aan die webwerf Digital Trends oor dié pop wat op sy ideale vrou gegrond is – enorme borste, ’n piepklein middeltjie, maer bene en meerminagtige hare.

Maar moenie dink Samantha gaan net in jou skoot val nie. Jy sal haar die hof moet maak voordat sy reageer.

“ ’n Mens het ’n aanloop nodig,” sê Santos wat in ’n video op sy webtuiste demonstreer dat selfs Samantha se ingeboude G-kol nie werk tensy sy die gepaste hoeveelheid romanse ervaar nie.

Daarbenewens maak die pop ook romantiese opmerkings, kerm van plesier en het ook ’n paar filosofiese aanhalings om op gepaste plekke te gebruik.

Sy is beskikbaar in standaard-, responsiewe en interaktiewe weergawes. Laasgenoemde sal jou $4 860 (sowat R65 000) uit die sak jaag.

Klante kan ook kies wat sy sê, waar sy van aanraking hou en wat haar naam is. So ’n pop kos $8 635 (R115 000) en meer.

Ons lei hieruit af dat terwyl Samantha van romanse hou, ’n welgestelde man ook een van haar voorkeure is.

Meer oor:  Spanje  |  Barcelona
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.