Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Dié video’s laat jou tintel

Wanneer die meeste mense slaap, is daar miljoene ander wêreldwyd wat op YouTube na sagte fluisteringe luister.

Hierdie verskynsel staan bekend as ASMR (autonomous sensory meridian response) en het die wêreld aan die gons.

ASMR is die term vir ’n spesifieke “lekkerkry-sensasie” wanneer iemand na video’s kyk wat persoonlike aandag behels, berig VOX.

Die gevoel begin gewoonlik in iemand se kop en beweeg af tot in die ruggraat. Ander sê dis ’n gevoel van diepe ontspanning en kan selfs veroorsaak dat hulle aan die slaap raak.

Volgens Sleep.org is die term ASMR nog ’n relatief nuwe skepping. “Dit beskryf ’n gevoel van ’n euforiese tinteling en ontspanning wat iemand kan ervaar wanneer hy sekere video’s kyk of sekere klanke hoor.”

Video’s van mense wat eenvoudige, stil en kalmerende take verrig, soos om handdoeke te vou of om hul hare te borsel of deur ’n boek te blaai, kan mense ook daardie gevoel gee. Soms help dit ook as daar ’n sagte stem in die agtergrond is.

Hoewel die term ASMR baie tegnies klink, berus dit nie op wetenskaplike navorsing nie.

Maria is die koningin van die ASMR-video’s, met meer as 34 000 intekenare op haar kanaal en 12 miljoen bladlese. Sy kyk meestal na die kamera en praat in haar “sagte” Engels met ’n Russiese aksent, berig Vice.com

Meer oor:  Youtube  |  Slaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.