Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Diverse Kaapstad wen ver

Met 4 587 unieke plant- en dierspesies is Kaapstad onlangs aangewys as die mees diverse stad. 

Ons nasionale blom, die koningsprotea. Hier staan hy teen Tafelberg.

Kaapstad is aangewys as die stad met die mees diverse plant- en dierelewe ter wêreld.

Die stad het meegeding teen meer as 150 ander wêreldstede in 2019 se City Nature Challenge waarin bepaal word watter stad die meeste plant- en dierespesies huisves.

Oor ’n tydperk van vier dae, van 26 tot 29 April, kon inwoners van al die stede enige tekens van lewe in hul stad afneem en op ’n toepassing laai.

Wetenskaplikes het toe daarna gekyk en die lewende wesens geïdentifiseer.

Die Kaapse kanferfoelie se blomme wissel in kleur van rooi tot ligte salmpienk.

“Dit kon ’n foto wees van enigiets wat lewe aandui. Van ’n geraamte tot ’n voetspoor, spinnerak, plant of dier,” verduidelik Marian Nieuwoudt van die Kaapstadse metroraad. “Ek het byvoorbeeld in dié tyd op ’n soort duinrot se tonnel getrap en dit ingestuur.”

Inwoners van Kaapstad het uiteindelik 53 775 foto’s opgelaai waarin 4 587 spesies uitgewys is. Inwoners van La Paz in Bolivië (46 931) en San Diego in Amerika (38 241) het die tweede en derde meeste foto’s opgelaai, terwyl Hongkong tweede was (3 596) as die stad waar die meeste unieke spesies geïdentifiseer is. Houston in die VSA was derde (3 367).

Die kolgans is die voëlsoort wat die meeste uitgewys is.

Kaapstad het in twee kategorieë gewen. Al wat hy nie gewen het nie, is die kategorie vir die getal unieke deelnemers wat foto’s ingestuur het.

“Dis veral indrukwekkend as ’n mens daaraan dink dat ons in ons herfstyd deelgeneem het, terwyl dit in baie stede lente is. Ons blomme blom nie nou nie en ons goggatjies loop ook nie,” sê Marian.

“Ons besef nie hoeveel biodiversiteit ons het nie. Kaapstad het meer plantspesies as ’n kontinent soos Amerika.”

V

Die strelitzia is een van Kaapstad se kenmerkendste blomme.

an Kaapstad se plantspesies wat die heel meeste ingestuur en geïdentifiseer is, was die geel blommetjies van die bietou (ook bekend as boetabessie of skilpadkos), die suurvy, wildedagga, suikerbossie, Kaapse kanferfoelie, geelbos, kusmalva met sy pienk blommetjies wat na soet rose ruik, ons nasionale blom, die koningsprotea, varkoorblare, wilderoosmaryn, die statige strelitzia en die spekboom, wat bekend is om sy vermoë om groot hoeveelhede koolsuurgas te verwerk.

Onder die dierelewe is die Kaapse heuningby, kolganse en tarentale die heel meeste uitgewys.

Meer oor:  2019 City Nature Challenge  |  Kaapstad  |  Dierspesies  |  4?587  |  Unieke  |  Plantspesies  |  Wenner
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.