Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Doendinge in Gauteng op Mandeladag

Donderdag is dit weer moue oprol vir Mandeladag ter viering van oudpres. Nelson Mandela wat op 18 Julie 1918 gebore is.

Die Verenigde Nasies (VN) het in 2009 sy verjaardag verklaar tot Internasionale Mandeladag, waarop mense 67 minute van hul tyd aan ander kan opoffer.

Die eerste VN-Mandeladag is op 18 Julie 2010 gehou.

“Oor die laaste dekade het Mandeladag wêreldwye ondersteuning en solidariteit geniet om die waardigheid van ander te verbeter en as ’n dag om Nelson Mandela se lewenslange diens aan Suid-Afrika en die wêreld te herdenk,” lui ’n inskrywing op die Mandeladag-webblad.

Hier is ’n lys doendinge waarby mense betrokke kan raak.

Kids Haven, Benoni

Die Kids Haven in Benoni sien om na meer as 154 kinders wat sorg en beskerming benodig. Baie van dié kinders is slagoffers van seksuele misbruik, mishandeling, trauma, geweld en dwelms.

Dié sentrum vra vrywilligers om op Mandeladag vir die kleuterskoolkinders te lees en saam met hulle te speel.

Vrywilligers kan ook help om koekies te bak, ’n spesiale middagete vir die kinders voor te berei of om die geboue te verf.

Vir meer inligting stuur ’n e-pos aan connie@kidshaven.co.za of skakel 011 706 7959.

Die Lesedi la Batho-gemeenskapsentrum, Mabopane

Die Lesedi la Batho-gemeenskapsentrum bied ’n pretdag vir mense met gestremdhede aan. Dié sentrum nooi vrywilligers om die mense met gestremdhede op die dag geselskap te hou en om toiletbenodigdhede te skenk.

Vir meer inligting kontak Kamo by 073 246 4446 of Mary by 083 383 5650.

Rising Stars-dagsorgsentrum, Ennerdale

Dié dagsorgsentrum vra dat vrywilligers 500 bakstene skenk sodat ’n siekekamer en kantoor op die perseel gebou kan word. Vrywilligers kan op Mandeladag hul tyd skenk en met die bouwerk help. Vir meer inligting skakel 078 935 5332 of 072 591 3614.

Viva-stigting, Mamelodi

Dié stigting in Mamelodi, oos van Pretoria, beplan verskeie aktiwiteite op Mandeladag en vra die hulp van soveel vrywilligers as moontlik.

Vrywilligers sal onder meer help om kos te kook vir die kinders, help met skoonmaakwerk, tuinmaak in die groentetuin, kunswerksessies en bouwerk.

Vir meer inligting skakel 071 689 8125.

Botshabelo, Midrand

Dié organisasie sien om na sowat 30 babas elke jaar. Vrywilligers kan op Mandeladag help deur formulemelk, doeke, storieboeke, kruideniersware en tweedehandse klere te skenk. Die organisasie wil graag ’n oppervlak van 67 m² met skenkings volpak.

Vir meer inligting skakel 067 013 6679.

Legae-kindersentrum, Oos-Rand

Dié sentrum is opsoek na vyf vrywilligers wat bereid sal wees om die huiswerkkamer, siekekamer en twee kantore uit te verf. Vir meer inligting skakel 011 962 3029 of 083 291 4768.

Janelize Hefer, Mej. Kampus-finalis van Potchefstroom, hou Donderdagaand ’n pretdraf ten bate van ’n gemeenskapprojek. Dit begin om 18:00 by die Potchefstroom-rugbyklub en kaartjies kos R30. Vir meer inligting kontak haar by 079 619 8825.

Meer oor:  Gauteng  |  Liefdadigheid  |  Mandeladag  |  Mandeladag-Vieringe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.