Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Doendinge vir die week

Woon vandag die Mercedes-Benz-motoruitstalling by van motors wat uit sewentiger jare en ouer dateer.
Bewonder veteraanmotors

As jy veteraanmotor-junkie is, woon dan vandag die Mercedes-Benz-motoruitstalling by van motors wat uit sewentiger jare en ouer dateer. Toegang is gratis. Daar sal ’n kontantkroeg wees en etes sal te koop aangebied word.

Wanneer: Vrydag 17 Januarie van 17:00 tot 20:00.

Waar: EPVCC-klubhuis (The Eastern Province Veteran Car Club), Conynghamweg, Glendinningvale, Port Elizabeth.

Inligting: Skakel 084 513 0939, of stuur e-pos aan riaan.hanekom@liblink.co.za

Span uit met plaaslike musiek

The Scrubs, ’n plaaslike musiekgroep, tree môre in Port Elizabeth op. Toegang hiervoor kos R100 per persoon en kan aanlyn by www.quicket.co.za gekoop word.

Wanneer: Saterdag 18 Januarie om 19:00.

Waar: by The Music Kitchen, Mangoldstraat 69, Newton Park, Port Elizabeth.

Inligting: Skakel 041 364 1964 of stuur epos aan ian.mitch1977@gmail.com

’n Skildery van Port Elizabeth se middestad deur die jong kunstenaar Tim Wood te sien by die Touched by a Brush-kunsateljee in Port Elizabeth.
Woon ’n kabaretvertoning by

Wizards of Broadway is ’n kabaretvertoning wat more hulde bring aan die komponiste van verskeie musiekblyspele. Toegang kos R120 per volwassene en R100 vir kinders en kan aanlyn by Computicket gekoop word.

Wanneer: Saterdag 18 Januarie van 19:30 tot 21:00.

Waar: Guild-teater, Unionlaan, Selborne, Oos-Londen.

Inligting: Bel Rodney by 083 656 9170.

Die Proteas het jou nodig!

Die Proteas speel in die derde vyfdagtoets teen die besoekende Engelse toerspan. Toegang kos R60 tot R180 per persoon en kan deur Ticketpro gekoop word.

Wanneer: Van 16 (gister) tot eerskomende Maandag 20 Januarie, daagliks van 10:00.

Waar: St. Georgespark-stadion, Parklaan, Port Elizabeth.

Inligting: Skakel 041 585 1646.

Die plaaslike musiekgroep The Scrubs tree vanaand by The Music Kitchen in Port Elizabeth op.
Maak ’n ekspressionistiese draai

Besoek die Touched by a Brush-kunsateljee waar Tim Wood se ekspressionistiese skilderye daagliks uitgestal word. Elke Saterdagoggend word daar ook op die sypaadjie ’n uitstalling aangebied en kuns word speel-speel aan jong kinders geleer.

Wanneer: Daagliks tot 29 Februarie van 09:00 tot 14:00.

Waar: Touched By A Brush Art Studio, Cloversingel 9, Forest Hill, Port Elizabeth.

Inligting: Bel Tim Wood by 076 592 6770.

Neem deel of ondersteun deelnemers aan die radiobeheerde modelvaartuig-kompetisie wat op die Noordeindemeer aangebied word. Foto: Media24 argief
Gee jou modelvaartuig vlerke . . .

Of sit op jou seemanspet en gaan neem deel of ondersteun deelnemers aan die radiobeheerde modelvaartuig-kompetisie op die Noordeindemeer.

Wanneer: Saterdag 26 Januarie van 10:00 tot 13:00.

Waar: Noordeindemeer, Noordeinde, Port Elizabeth.

Inligting: Bel Rodney by 083 656 9170 vir meer inligting as jy daaraan wil deelneem.

Maak ’n nota vir bobaas-kosfees

As jy van lekker kos en dans hou, moet jy nie dié geleentheid misloop nie! Maak solank ’n nota in jou dagboek om aan die einde van die maand die jaarlikse Garnaal-, hoender- en calamari-fees by te woon. Toegang kos R300 per persoon. Daar sal tydens die geleentheid ’n kontantkroeg beskikbaar wees.

Wanneer: Vrydag 31 Januarie van 18:30.

Waar: Uncle Nick’s, Hellenic Gardens, Conynghamweg, Parsons Hill, Port Elizabeth.

Inligting: Bel Olga Williams by 082 990 1708 of Kimon by 082 787 7700 of stuur e-pos aan admin@kwamusements.co.za.

Meer oor:  Doendinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.