Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Dolfyne in die branders gee PE-man wenfoto

’n Foto van dolfyne wat in Algoabaai tussen die branders by die Woody Cape-natuurreservaat baljaar, is vanjaar as die wenfoto gekies in ’n kategorie in die internasionale fotokompetisie Nature’s Best Photography Africa.

Rainer Schimpf se wenfoto, “Dolphin Dream”. Foto: Rainer Schimpf
Rainer Schimpf se wenfoto, “Dolphin Dream”. Foto: Rainer Schimpf

Rainer Schimpf, ’n duiker, marienevideograaf en eienaar van ’n duikonderneming, is Woensdagaand as die wenner van die Africa at Sea-kategorie aangewys by ’n gala-geleentheid wat in die Iziko-museum in Kaapstad aangebied is.

Schimpf het die foto in April 2017 geneem. Hy sê hy het gedink die foto het kompetisie-potensiaal, maar hy het nie vir ’n oomblik gedink dié foto sal wen nie.

“Ek dink die foto onderstreep die enorme skoonheid en marieneverskeidenheid van Algoabaai,” sê Schimpf.

Hy sê die prys is nie net ’n pluimpie vir hom nie, maar ook vir Algoabaai.

“Toerisme in Port Elizabeth en Algoabaai sal beslis voordeel trek uit foto’s soos dié, veral omdat die wenfoto blootstelling by die Iziko-museum kry.”

Die uitstalling van al die kategoriewenners duur tot 3 Maart 2019.

Benewens die reg om te spog as wenner van ’n kategorie, het Schimpf ook ’n vakansie in Botswana gewen.

Schimpf, wat gereeld die sardienloop onderwater verfilm en tydens een van dié fsessies in 2015 byna deur ’n walvis van sowat 50 ton ingesluk is, meen hy sien kans om selfs in Botswana tussen krokodille en olifantena goeie foto’s te gaan soek.

Ander wenners van die Nature’s Best Photography Africa-fotokompetisie is:

Africa Wildlife-fotograaf van die jaar: Gonnie Myburgh, Suid-Afrika

Foto van die jaar: Thomas Vijayan, Kanada

Kategorie wenners:

African Landscapes: Margaret Olivier, Suid-Afrika

Wild Cats of Africa Behavioural: Vicki Santello, Amerika

Wild Cats of Africa Portraits: Jeany Heinlein, Suid-Afrika

Birds of Africa Behavioural: Louise Victor, Suid-Afrika

Birds of Africa Portraits: Willem Kruger, Suid-Afrika

Mammals of Africa Behavioural: Andrew Schoeman, Suid-Afrika

Mammals of Africa Portraits: Charl Stols, Botswana

Reptiles and Amphibians of Africa: Elizabeth Oosthuizen, Suid-Afrika

Art in African Wildlife: Tom Way, Brittanje

Black and White: Kyle Strautmann, Suid-Afrika

Youth Award: Harman Singh Heer, Australië

Video van Schimpf wat bykans deur die walvis ingesluk word.

Meer oor:  Rainer Schimpf  |  Port Elizabeth  |  Dolfyne  |  Wenfoto
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.