Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Draadkarman gee SAL vlerke met sy blikvliegtuig
Seun Diphoko met die SAL-vliegtuig wat hy van draad en blik gemaak het. Die vliegtuig kom kompleet met ’n Covid-19-masker. Foto: Charles Smith

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens se toekoms is tans wankelrig, maar in ’n township in die Vrystaat het ’n man die SAL blinknuwe vlerke gegee.

Seun Diphoko, meester-draadkarbouer van Theunissen, het ’n spoggerige SAL-vliegtuig van draad, blik en skrootmateriaal gebou.

Die motore kan draai en hy het vet “tekkies” om te kan land.

Die vliegtuig spog boonop met ’n fietsliggie op die stert soos ’n regte vliegtuig, ’n valdeur vir passasiers en – tekenend van die tye – ook ’n masker op die neus om Covid-19 hok te slaan.

Soos al sy draadkarre is die meeste van die onderdele van die ashope om Theunissen. Hy gebruik snuifblikke vir wiele en trek dit met die ou buitebande van bergfietse oor om dit soos die ware Jakob te laat lyk.

Die vliegtuig is nie net nóg ’n projek vir Diphoko nie. Hy gee hiermee sy droom om tydens die inperking vir sy gesin te sorg, vlerke en hou homself besig deur verskeie draadkarre – en draadvliegtuie – te bou om homself besig te hou.

Kleinsakelui soos hy wat geld met sy hande verdien, kry geen hulp van die staat nie. Hulle moet sien en kom klaar, sê hy.

“Die polisie wil nie hê ek moet duimgooi na Bloemfontein om die karre te gaan verkoop nie. Ek bou nou genoeg om te verkoop en geld te verdien vir as ons eendag weer kan ry.”

Hy het pas ’n replika van die Bloutrein vir ’n meisie in Kaapstad laat aflewer wat spesifiek ’n blou trein wou hê.

Hy gaan nou ook vir haar ’n ambulans bou, omdat haar oupa ’n ambulansbestuurder is.

Die vloot bakkies, motors, trekkers en vliegtuie wat Seun Diphoko van Theunissen tydens die inperktyd gemaak het, staan uitgestal in sy netjiese tuin voor sy huis. Foto: Charles Smith

Onder die draadkarre wat hy tydens die inperktyd voltooi het, is ’n Toyota Land Cruiser-viertrek, verskeie Toyota Hilux-, Isuzu- en Ford-bakkies, ’n groot vragmotor met ’n sleepwa en ’n paar John Deere-trekkers.

Meer oor:  Vrystaat  |  Theunissen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.