Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Drie Botha-broers het bulbloed in hul are
Die Botha-broers met die Curriebeker wat die Blou Bulle Saterdag verower het. Van links is Frans, Andries en Arno. Foto: Verskaf

Om drie broers te vind wat by die onderskeie Bulle-spanne betrokke is, is skaars; wat nog te sê as dié spanne op een naweek almal as wenners van die veld stap.

Dit was die geval vir die Botha-broers Andries (31), Arno (29) en Frans (26), wat die afgelope naweek stof in hul teenstanders se oë geskop het.

Noem dit sommer ’n “Botha-Bulle-naweek”, soos die Facebook-blad SupaRugby daarna verwys.

“Ons is baie geseënd. Dis ’n baie dankbare gevoel, want dit gebeur nie elke dag nie,” sê Andries.

“Rugby is in ons bloed. ’n Mens wil altyd die beste doen en kry nie altyd die uitslag wat jy wil hê nie, so ons koester hierdie oomblik.”

Arno is ’n losvoorspeler vir die Blou Bulle, wat Saterdag die Curriebeker gewen het teen die Sharks (44-10), terwyl Frans Vrydag vir die Naka Bulle as reserwe-vleuel uitgedraf het toe hulle die Pretoria-rugbyklub met 109-7 geklop het.

Intussen is Andries die hulpafrigter van die Hoërskool Monument in Krugersdorp se eerste rugbyspan, oftewel die Wit Bulle, wat Saterdag die Hoërskool Dr. EG Jansen van Boksburg laat les opsê het met ’n eindtelling van 38-34.

Die broers se betrokkenheid by Bulle-spanne val ook reg in hul kraal omdat hulle van kleintyd af vir hierdie blou span skree vanweë hul oorlede pa, ook Andries, se invloed.

Die Botha-broers is van links Andries, Arno en Frans. Foto: Verskaf

Andries jr. het ook rugby gespeel tot ná skool, maar ’n paar knieoperasies het hom van die veld gehaal.

Andries, Arno en Frans ondersteun mekaar se spanne graag en gee mekaar raad.

As die een se span ’n slegte dag op die veld gehad het, sal hulle mekaar spottenderwys daarop wys om die ys te breek.

“Maar ons ondersteun mekaar deur betrokke te wees en nie net raad te gee nie,” sê Andries.

Die broers se goeie rekord dateer van hul skooldae. Hulle het al drie in matriek in die Hoërskool Nylstroom in Limpopo hoofleierposisies beklee en as die skool se kapteins van die eerste rugbyspan uitgedraf.

Meer oor:  Botha-Broers  |  Blou Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.