Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Duisende daag op by motorskou in George
Van links staan Gerhard Sonnekus, hoof van kliëntediens by Oakhurst-versekering, Charlotte Clarke, adjunkburgemeester van George, Ehsanul-lee Booysen, van die Hoërskool George, Justin Yawe van York High School, Liza Stroebel, raadslid van die George-munisipaliteit, en Japie Beyers, voorsitter van die Southern Cape Old Car Club. Foto: Verskaf

Meer as 13 000 motorliefhebbers van oor die land heen en uit die buiteland het die naweek by die PW Botha-kollege in George opgedaag om die meer as 800 klassieke motors wat daar uitgestal is te bewonder.

Mercedes-Benz was goed verteenwoordig aangesien dié fabrikant se 111/2-reeks vanjaar 60 jaar oud is.Foto: Verskaf
Etlike voorbeelde van Ford se Model T is ten toon gestel.Foto: Verskaf
Die 1912-EMF was een van die hoofattraksies op die skou.Foto: Verskaf

Dit was die 23ste jaar wat die skou gehou is. Die tema was skaars en eksotiese motors, sê ’n woordvoerder van die skou, Riccardo Raciti.

Van die juwele op die skou was dr. Waldo Scribante se 1971-Porsche 914, een van net sewe wat bestaan, en ’n 1912-EMF (Everitt-Metzger-Flanders), die eiendom van Robert Middelman van Botrivier.

Mercedes-Benz se 111/2-reeks was goed verteenwoordig aangesien dié reeks vanjaar 60 jaar oud word.

Daar was ook ’n aantal nuwe uitstallings, asook ou gunstelinge soos die stilstaande enjins en die meer as 5 000 modelmotors.

’n Morris (links) en Volvo van etlike dekades gelede.Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Meer oor:  George  |  Duisende Toeskouers  |  Ou Motors  |  Motorskou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.