Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
E-publikasies: Maak só om jou e-koerante en -tydskrifte aanlyn te lees
e-publikasies

Benewens nuus wat jou heeltyd op die voorpunt hou, politieke kommentaar en ontledings, sport, vermaak en sakenuus, is Netwerk24 die digitale tuiste van jou gunsteling- Afrikaanse koerant, tydskrif of streekskoerant. Als gerieflik op een plek! 

Maar jy kan ook kies hóé jy die artikels uit die koerante en tydskrifte wil lees – óf as web-artikels wat gemaklik op enige skerm vertoon, óf as pdf’s wat nes die papierweergawe van die koerant of tydskrif lyk.

As web-artikels jou gunsteling-formaat is, kan jy by die inhoud uitkom deur bloot op die publikasie se logo boaan Netwerk24 se tuisblad te klik. Wanneer jy op die dagblaaie – BeeldDie Burger, Die Burger Oos-Kaap en Volksblad - se logo’s klik, land jy op ’n blad waar ál die stories van daardie dag se uitgawe as web-artikels saamgegroepeer is. In Rapport se kategorie sal jy al die stories kan lees wat in daardie week se uitgawe verskyn. 

Wanneer jy op die tydskrifte se logo’s klik, sal jy op hul webtuistes beland. Soek jy die artikels uit hul jongste tydskrif-uitgawe in ’n web-artikelformaat? Klik dan op ‘Tydskrif’ boaan die blad. 

Waar lees ek my koerant en tydskrif wat soos die papierweergawe lyk?

Baie maklik! Klik eenvoudig op ‘E-publikasies’ op Netwerk24 se tuisblad op jou rekenaar. In jou app klik jy op die drie strepies links bo en rol dan af tot by ‘E-publikasies’.

E-publikasies

e-publikasies

Hier vind jy die digitale weergawes van die uitgawes soos dit op die winkelrakke verskyn. ‘E-publikasies’ is in twee kategorieë – ‘Tydskrifte’ en ‘Koerante’ – ingedeel.  

Onder ‘Koerante’ sal jy die jongste uitgawes van die dagblaaie – Die Burger, Beeld en Volksblad – sien, asook die jongste uitgawe van Rapport en daarna ’n hele lys streekskoerante in alfabetiese volgorde. 

As jy na ‘Tydskrifte’ gaan, sal jy publikasies soos Huisgenoot, Sarie, Kuier, Tuis, Weg!, Weg!Ry&Sleep, Landbouweekblad, TVPlus, Finweek  en Baba&Kleuter daar kry. 

Elke publikasie het ook 'n 'Vorige uitgawes'-skakel wat jou vinnig na 'n argief van daardie publikasie sal neem. 

Jy het nie ’n aparte app nodig vir jou e-publikasies nie – jy kan dit saam met die dag-tot-dag-nuusaanbod van Netwerk24 in dieselfde app geniet.


Maak seker jy laai altyd die jongste weergawe van die app in die Google Play- of App-winkel af. Ons verbeter voortdurend aan ons app en só kan jy seker wees dat jy toegang het tot die jongste tegnologie en funksies.

Indien jy enige probleme op jou tablet ervaar met die app, kan jy ook via die internet op jou tablet na www.netwerk24.com gaan en op ‘E-publikasies’ boaan die blad klik, nes jy op jou rekenaar sou gedoen het. 

Gebruik dié funksies om jou e-publikasies gerieflik te lees

* Vergroot teks

Anders as met gedrukte bladsye, kan jy hierdie digitale pdf’s se teks aansienlik vergroot tot dit vir jou ’n gemaklike teksgrootte is. Daar is verskillende maniere om bladsye te vergroot. Die teks sal by die vergrotingsvlak wat jy gekies het, aanpas en skerper word. 

As jy deur die hele uitgawe jou gekose teksgrootte wil behou, moet jy hierdie stappe volg:

STAP 1:

Maak die uitgawe oop wat jy wil lees oop en klik op die 'Enkelblad'-ikoon links bo in die navigasie.

STAP 2: 

Klik op die 'Volskerm'-ikoon. 

Beweeg nou op en af op die blad terwyl jy lees of blaai aan terwyl die teks op dieselfde grootte bly.

STAP 3 (indien jy nog verder wil inzoem):

Indien jy verkies, gebruik die glyskaal om verder te vergroot.   

STAP 4:

Om terug te keer na normale grootte, klik op die 'Pas op blad'-ikoon.  

STAP 5:

As jy weer dubbelblaaie wil sien, klik op hierdie 'Dubbelblad'-ikoon

zoem stap 3

Maak só as jy vinnig op 'n spesifieke plek op die blad wil inzoem. 

As jy op ’n spesifieke bladsy die teksgrootte wil verander, gebruik die glyskaal om dit na wense te vergroot of te verklein.

Dubbelklik op ’n blad as jy vinnig tussen die maksimum en minimum teksgrootte wil spring.

As jy op jou tablet of slimfoon lees, kan jy bloot met jou vingers die blad op die skerm groter of kleiner trek.

* Klik hier om die blitsgids vir die zoemfunksie af te laai


* Soek en vind spesifieke artikels of uitgawes 

‘n Volle argief met vorige uitgawes van elke e-publikasie is beskikbaar. 

Die e-leser het ook ’n soekfunksie wat dit moontlik maak om met ’n soekterm die argief te deursoek vir spesifieke inhoud.  Jy kan ook enige bladsy met byvoorbeeld ’n lekker resep of ’n mooi dekoridee, boekmerk om later weer te kan lees.   

Klik hier om die blitsgids af te laai


* Kan ek sonder internettoegang my e-publikasies lees?

Tans kan jy nie pdf’s in ons e-leser aflaai om sonder internettoegang te lees nie. Ontwikkelingswerk om dit wel in die Netwerk24-app moontlik te maak, is amper voltooi en sal eersdaags beskikbaar wees. Hou dus Netwerk24 dop vir ’n aankondiging hieroor.


* Kan ek my blokkiesraaisels en speletjiesbladsye aflaai en uitdruk?

Ons het dit vir jou maklik gemaak om slegs jou blokraaie, Sudoku’s, speletjies en oplossings in elke dag se koerantuitgawe af te laai, uit te druk en in te vul.

Kyk uit vir die Blokraai-Pret-pakkie onder E-publikasies > Koerante.

blokraai_leser
blokraai_leser


Wie kan watter e-publikasies lees?

Tydens jou 30-dag-toetstydperk kan jy slegs e-koerante lees. 

Slegs intekenare kan e-tydskrifte óók lees. Dit kos slegs R99 per maand om in te teken en volle toegang te hê tot Netwerk24 met al die e-koerante en e-tydskrifte.   

Nog nie 'n intekenaar nie? Klik om die intekenopsies te sien.

HULP NODIG?

KONTAK ONS DIENSSENTRUM 

Stuur 'n e-pos aan diens@netwerk24.com

Skakel 087 353 1300

DIENSSENTRUM-TYE:

Weeksdae van 07:00 tot 16:30

Saterdae en Sondae van 07:00 tot 11:00


Datakostes
As jy jou datakoste wil bestuur, lees eerder jou e-publikasies terwyl jy aan Wi-Fi gekoppel is.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.