Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Eens ’n bedelaar, nou help hy ander
12 hulpbehoewende gesinne van Hilton, Bloemfontein, het Saterdag kospakkies van weldoeners in Bloemfontein ontvang.
Die hulpbehoewende gesinne van Hilton, Bloemfontein, wat Saterdag kospakkies van weldoeners ontvang het.

Hy is hartseer dat hy nie almal kan help nie.

So sê Chris Snyman (55), ’n gewese bedelaar en deesdae ’n werktuigkundige, nadat hy en ’n span mense weer die naweek kospakkies aan inwoners in Hilton, Bloemfontein, uitgedeel het.

Snyman, wat met behulp van skenkings kospakkies aan tien hulpbehoewende gesinne in die gebied geskenk het, moes inderhaas na ’n supermark gaan om nog kruideniersware te koop toe nog twee gesinne opdaag.

“Ek is so jammer dat ek nie almal kan help nie. Ek moes ongelukkig van die mense wegwys nadat ek reeds uit my eie sak kruideniersware vir twee gesinne moes koop.”

Snyman sê sy hart breek elke keer as hy die nood in gemeenskap sien.

“Ek weet hoe dit is om geen heenkome of kos te hê nie en daarom help ek mense. Maar dit raak al hoe moeiliker. Die nood raak al swaarder.”

Hy sê daarom beplan hy om mense vaardighede aan te leer sodat hulle selfstandig en selfversorgend kan wees.

Snyman en sy span het almal bedank wat skenkings maak.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Covid-19  |  Coronavirus  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.