Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Matriekafskeid:
Eers die droom, dan volg die rok

Party weet nog altyd watter kleur, ander wil weer soos hul gunsteling-sangeres lyk, maar die meeste meisies weet lank voor die tyd hoe hul matriekafskeidrok moet lyk.

Die meeste matriekmeisies droom jare oor die perfekte matriekafskeidrok.

Nicola Lategan van die Hoërskool Kroonstad (Bloues) het Jobert van Zyl van Hoopstad saamgeneem na haar matriekafskeid.
Nicola Lategan van Kroonstad Hoërskool (Bloues).Foto:

Nicola Lategan van die Hoërskool Kroonstad (Bloues) vertel byvoorbeeld sy het van kleintyd af geweet sy wil eendag ’n vlootblou rok hê. “Ek het omtrent 15 rokke aangepas en net dadelik gewéét toe ek die regte rok aanpas, dit is die een,” vertel sy.

Die ontwerper Vesselina Pentcheva het Gaby Murray van Dainfern College se treffende rok gemaak.
Die klein DJ Arch het gesorg vir ’n feestelike atmosfeer by die huis, voordat Gaby Murray na die matriekafskeid is.

Gaby Murray van die Dainfern College in Johannesburg wou weer ’n moderne rok hê, en die bekende ontwerper Vesselina Pentcheva het gesorg dat sy die koppe laat draai. “Ek het die idee gekry van ’n rok wat die sangeres Selena Gomez gedra het,” vertel sy.

Soné Fourie en Ethan van Rooyen van die Hoër­­skool Waterkloof het hul foto’s by die Harmonie Proteas Wedding Venue geneem.
Soné Fourie en Ethan van Rooyen van die Hoërskool Waterkloof in Pretoria.Foto:

Vele meisies, soos Soné Fourie van die Hoërskool Waterkloof in Pretoria, vind weer hul inspirasie op die aanlyn opspeldbord Pinterest. Sy het net die kleur van die rok verander toe sy dit laat maak het, vertel sy.

Cady Beukes en haar metgesel, Justin Riddles, voor die matriekafskeid van die Hoërskool Langenhoven op Riversdal.
Cady Beukes van die Hoërskool Langenhoven op Riversdal. Foto:

Cady Beukes van die Hoërskool Langenhoven op Riversdal het lankal geweet wie haar metgesel gaan wees. Sy en Justin Riddles is al van kleuterskooldae af maats.

Miya Pretorius van die Hoërskool Dr. Malan op Meyerton se rok was wyd met fyn borduursels. Foto:
Miya Pretorius en Jonathan Viljoen van die Hoërskool Dr. Malan op Meyerton.


Meer oor:  Rapport Beleef  |  Matriekafskeidtyd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.