Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Eienaar van vulstasie skryf daagliks woorde van hoop
Die bord waarop al vir dekades geskryf word. F

Toe Alison Purchase en haar man sowat 25 jaar gelede die BP-vulstasie aan Jan Smuts-rylaan in Hyde Park, Johannesburg gekoop het, was Internet-faam die verste ding van haar gedagtes.

Maar Alison (nou 66) het skynbaar met haar aanhalings en boodskappe van hoop wat sy elke dag op die swartbord buite die winkel neerskryf in die inwoners se harte gekruip en deesdae deel mense haar wyshede op platforms soos Facebook, Twitter en Instagram.

’n Ander bemoedigende boodskap.

“Ek het eintlik die bord by die vorige eienaar geërf toe ons rondom 1999 die vulstasie oorgeneem het,” sê sy. “Ek is verstom oor al die aandag – die tradisie het met die vorige eienaars begin en ek het eintlik net daarmee aangegaan.”

Dit was 19 jaar gelede en Alison sê sy voel nou eintlik skuldig as sy nie ’n bemoedigende boodskap het om te deel nie.

“Ek loop al met ’n notaboekie rond, om aantekeninge te maak as ek dalk iets hoor wat ek kan gebruik. Die bord het eintlik ’n soort verpligting geword. Mense verwag die boodskappe sal elke dag konsekwent daar wees, so jy wil hulle nie teleurstel nie.”

“Vreemdelinge het al op my skouer kom huil. Dit is ongelooflik, maar party keer het mense net iemand nodig om mee te praat, of miskien vang iets op die bord terloops hul oog en is hulle besig om met dieselfde ding te worstel.”

Een van Alison Purchase se boodskappe.

Volgens Alison skryf mense al sowat 50 jaar op die bord en sal dit vir die voorsienbare toekoms die geval wees. Die geheim, sê Alison, is om takties te werk te gaan en te sorg dat jy op hoogte van relevante gebeure bly, om mense se aandag te prikkel.

Alison put inspirasie uit enige oord en sê ’n mens moet net leer om daarvoor op die uitkyk te wees.

Meer oor:  Internet  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.