Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
‘Ek gaan julle mis,’ sê koerantverkoper

Hy is op sy gelukkigste wanneer hy vroegoggend deur die verkeer in die Rosestad beweeg om sy geliefde Volksblad te verkoop.

Maar dít is nou amper iets van die verlede, sê ’n hartseer Sabata Pieter Tromps (44), ’n koerantverkoper wat al vir jare lank Volksblad in Bloemfontein se strate verkoop het.

Sabata Pieter Tromps op ’n sypaadjie met die koerante wat hy verkoop in sy hand. Foto: Kaydene Davids

Tromps was jare lank van Maandae tot Saterdae douvoordag ’n instelling by die verkeersligte by die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein. Voor dit het hy by verskeie ander punte in die stad ook die koerant na die motoriste gebring.

“Hoeveel jare is ek nie heeltemal seker nie, maar ek skat ek was nege jaar oud toe ek begin het.”

Tromps het die eerste keer ’n Volksblad in sy hand gehou toe hy begin het om dit te verkoop.

Volgens hom moes hy noodgedwonge ’n werk kry om sy ma, Nora Tromps, te help om die pot aan die kook te hou nadat sy pa, Tshidi, skielik dood is.

“Dit is al wat ek ken. Ek doen dit al vir donkiejare. Ek is op my gelukkigste met ’n Volksblad in die hand. Ek is jammer om die koerant te sien gaan. As dit van my afhang, sou ek dit nie gestaak het nie. Maar dit is nou wat dit is.”

Om Volksblad te verkoop was vir baie jare deel van Sabata Pieter Tromps se lewe. Foto: Kaydene Davids

Tromps sê hy is hartseer en angstig oor die toekoms.

“Dit was my inkomste, my werk, my trots – deel van wie ek was vir baie jare. Ek sal nou ’n piece job moet kry, ek het ’n familie waarvoor ek moet sorg.”

Hy sê die goedhartigheid van die motoriste en almal met wie hy in kontak kom deur sy werk as koerantverkoper sal hom altyd bybly.

“Die glimlagte, die geselsies, klere, kos en watter donasie ook al, het my oor die jare baie gehelp en my gevorm. Dit word opreg waardeer. Ek gaan julle mis. Ek gaan die koerant baie mis.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.