Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
‘Ek kan’ die dryfveer agter suksesverhaal

Te danke aan sy volgehoue volharding en deursettingsvermoë is Phakamile Skosana (38) op pad om sy droom te verwesenlik om ’n hoof-mariene-ingenieurs­offisier by die Ngqura-hawe in Nelson Mandelabaai te word.

Hy glo vas sy leuse van “ek kan” is sy dryfveer om sy uiteindelike doelwit te bereik.

Gebore en getoë in die Red Location in New Brighton, het Skosana sy loopbaan as ’n algemene werker by Triton Express, ’n logistieke maatskappy in die stad, begin.

Sy toewyding en liefde vir die operasionele gebied het gou na vore gekom toe hy in sy vrye tyd gehelp het met administratiewe dienste. Dit het deure vir hom geopen toe hy suksesvol aansoek gedoen het vir ’n pos in die data-afdeling.

Phakamile Skosana

Hy het weer eens meer gedoen as wat van hom verwag is deur hulp te verleen in die operasionele gebied deur hand by te sit met die laai en aflaai van vragmotors en die nagaan van pakkette vir aflewering en om afgehaal te word.

Skosana het weer suksesvol aansoek gedoen vir ’n ander pos, hierdie keer as sonebeheerbeampte. Hier het hy die leer geklim tot operatiewe toesighouer, senior operatiewe toesighouer en operatiewe bestuurder voordat hy by Transnet se Ngqura-hawe aangesluit het.

“Ek het by Transnet aangesluit as ’n mariene amptenaar, aangesien dit ’n goeie platform gebied het vir die loopbaan wat ek wou volg, min wetende van die moeilike pad wat voorlê,” sê hy.

“Ek het geregistreer en die vereiste meganiese ingenieurs-vakke by die PE TVET-kollege geslaag en my reis na my mariene-ingenieursoffisier-droom het begin. Ek het my selfgefinansierde heeltydse studies aan die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT) voortgesit aangesien ek nie ’n beurs gekry het nie,” sê Skosana.

Hy moes egter baie kreatief wees om beide skofwerk in die Baai en voltydse studies in Kaapstad te laat klop, sê hy.

Skosana sê hy moes Woensdagoggende klasse in Kaapstad bywoon, terwyl hy die 14:00 tot 22:00 skof dieselfde dag in Port Elizabeth moes werk.

Hy het skofte met ’n kollega geruil en Dinsdae van 06:00 tot 14:00 gewerk, waarna hy ’n bus na Kaapstad gehaal het om betyds vir die volgende oggend se klasse te wees.

Ná die klasse het hy die 11:30-vlug na Port Elizabeth gehaal om weer betyds te wees om Woensdae sy skof van 14:00 tot 22:00 te werk.

Weens sy akademiese prestasie, wat drie onderskeidings insluit, is hy ’n Transnet-beurs toegeken.

Skosana gaan slypskole bywoon en daarna ’n eksamen van die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid aflê wat hom in staat sal stel om ’n mariene-ingenieursertifikaat te ontvang.

Meer oor:  Nelson Mandelabaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.