Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
Elgin-vallei se skone skatkis

’n Plaasdam by Old Mac Daddy is omskep in ’n strand op ’n tropiese eiland. Foto: Edrea du Toit
Natuurliefhebbers sal dié bestemming veral geniet, skryf Julian Jansen.

Dis lente in die Elgin-vallei in die Overberg. Met die verlaging na vlak 1 van die inperking ontwaak die gasvryheidsbedryf hier.

Dié vrugbare vallei is lank nie meer net bekend vir sy uitvoer-appels nie. Deesdae word hoëgehalte-uitvoerwyne hier gemaak en baie plase bied ’n verskeidenheid van verblyf, aksiebelaaide aktiwiteite en restaurante aan.

Op ’n glydraad. Foto: Cape Canopy Tours
Elgin-avonture

*Canopy Tours is geleë in ’n Wêrelderfenisgebied en binne Cape Nature se Hottentots-Holland-natuurreservaat. Op die begeleide toere vir agt mense, is daar 11 glydrade. Elkeen eindig op ’n platform teen ’n krans en sandfynbos-berghellings in die Riviersonderend-ravyn.

Die standaardtarief is R895 per persoon en sluit ’n retoerrit deur die reservaat in asook peuselhappies. Jy kan dit doen as ’n daguitstappie vanaf Kaapstad met retoervervoer ingesluit teen R1 395.

Besprekings: 021 3000 501 of zipline@capecanopytour.co.za.

*4Venturesouthafrica bied ’n dagtoer in ’n viertrekvoertuig aan na die pieke van die Hottentots-Hollandberge, ’n middagete, voorberei deur ’n topsjef van Paul Cluver, asook wynproeë by die beste wynplase. Tariewe: R1 580 vir ses uur; R780 vir vier uur en R590 vir drie tot vier uur.

Besprekings: 082 424 2635 (Martin) of 072 247 5828 Michelle of info.4venture@gmail.com.

Elgin is ’n asemrowende fietsrywêreld. Foto: Mark Sampson

*DieBack 2 basics-avontuurkampe is ideaal vir skole, kerke, sportklubs, familiereünies en maatskappye se spanbou-uitstappies. Geniet aktiwiteite soos fietsry, swem, vlotbou en stap.

Besprekings: 021 844 0000 of 082 3735 162 of admin@b2bcamps.co.za.

*Die sakeman Roger Orpen het ’n ou appelstoor in Oaklaan, Elgin, omskep in ’n “steampunk”-stasiemark, die Elgin Railway Market. Los jou motor in Kaapstad en ry hierheen met ’n stoomtrein.

Vir navrae oor die mark: 021 204 1158 of info@elginrailwaymarket.co.za. Vir navrae oor die treinrit: 079 077 5332 of bookings@ceresrail.co.za.

Libby Pieters verduidelik vir Roxy de Morney die geure van Paul Cluver se riesling. Foto: Edrea du Toit
Proe wyn en vonkelwyn

*Die Cluvers boer al vir meer as 120 jaar op die De Rust-landgoed in die vallei. Die vierde generasie is aan die stuur van produksie van hul wêreldklas Paul Cluver-wyne. ’n Trekpleister is die amfi­teater wat eersdaags weer heropen.

Navrae: 021 844 0605 of info@cluver.com.

*Kevin en Sandra King se boetiek-wynplaas,South Hill Vineyards, bied ’n restaurant, kunsgalery en verblyf.

Navrae: 021 844 0888 of info@southhill.co.za.

*Charles en Zelda Fox het ’n ou sagtevrugteplaas omskep in ’n wynplaas, dieCharles Fox-landgoed, en bemark uitstekende uitvoer-vonkelwyn.

Navrae: 082 569 2965 of charles@charlesfox.co.za.

*Die oudingenieur Andrew Gunn het saam met sy vrou, Rozy, ’n beeldhouer, dieIona-landgoed wat 420 m bo see­spieël geleë is met see-uitsigte en omring deur die Kogelberg-biosfeer omskep in ’n wynlandgoed wat bekroonde wyne produseer.

Kontak 028 284 9678 of 082 604 2460 (bestellings).

*Jy kan die hele Lothian-huis, met sy agt baie luukse kamers en ontspanningslokale op die asemrowende Lothian Vineyards-landgoed huur vir tussen R53 000 (buiteseisoen) en R96 800 (hoogseisoen). Intussen, terwyl jy wag vir die Lotto-uitbetaling, kan mens darem ’n wynproe hier doen.

Bel Nanette Pienaar by 021 859 9901 of 082 465 4787 of besoek www.lothianvineyards.com.

Nog trekpleisters

*Motoriste hou al sedert 1964 by die Peregrine-plaasstal langs die N2 stil vir lafenis.

Kontak 021 848 9011 of besoek www.peregrinefarmstall.co.za.

*By die Houw Hoek-plaasstal langs die N2 koop jy heerlike tuisgemaakte pasteie, die lekkerste koffie, beskuit en koek, plaaslike wyne en mandjies vrugte en groente uit die kontrei, asook geskenke.

Kontak 028 284 9015 of houwhoekfarmstall@gmail.com.

Die Airstream-woonwa met die tema Life Before Colour. Foto: Edrea du Toit
Verblyf

Old Mac Daddy is geleë op ’n werkende vrugteplaas skaars ’n uur se ry uit Kaapstad. Gaste kan kies uit ’n dosyn luukse Amerikaanse Airstream-woon­waens, elkeen het ’n Smeg-yskas, koffiemasjien en stort. Daar is ook ’n “glamping”-opsie in luukse tente of jy kan op die gewone oudtydse manier hier kampeer.

Daar is ’n buite- en binnenshuise restaurant, ’n swembad met ’n houtdek, ’n TV-kamer en ’n speelplek vir kinders. ’n Ou skoolgebou is omskep in deftige selfsorg-eenhede. Die woonwaens kos R1 985 op weeksdae en R2 695 vir twee oor naweke.

Besprekings: 021 844 0241 of reservations@oldmacdaddy.co.za.

*Die Houw Hoek-hotelstaan al sedert 1779 op sy fondamente. Dis die oudste gelisensieerde hotel in die land en die wenner van twee Haute Grandeur Global-pryse, onder meer vir die beste historiese hotel in Suid-Afrika.

Tariewe: R1 190 per persoon per nag of R725 per persoon wat deel. Tot twee kinders onder 12 bly gratis.

Skakel 028 284 9646 of 087 814 1226 of reservations@houwhoekhotel.com.

*Overberg Airport Transfers het Rapport se verslagspan na Elgin karwei. Overberg bied betroubare en veilige vervoer na en van Kaapstad Internasionaal, asook vervoer vir troues, wynproeë en dagtoere.

Skakel: 066 233 4928 / 079 503 6849 of besoek www.overbergtransfers.com.

Meer oor:  Natuurliefhebbers  |  Elgin-Vallei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.