Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Leef
‘Enkelgebruik’ Woord van die Jaar

“Single-use” is die Collins-woordeboek se Woord van die Jaar vir 2018.

Dit weerspieël die toenemende bewustheid van die skade wat plastiekrommel aan die omgewing aanrig, berig CNN.

Leksikograwe van Collins stel jaarliks ’n lys bekend van woorde wat mense se ervaring van hul wêreld weerspieël.

Verlede jaar se Woord van die Jaar was “fake-news" (fopnuus).

Leksikograwe se navorsing wys die woord “single-use” word nou vier keer meer gebruik as in 2013, berig The New York Times.

“Enkelgebruikte” plastiek raak toenemend sinoniem met een van die samelewing se ergste oortredings. Beelde van plastiek wat in die see ronddryf en die lyding en dood van seediere veroorsaak, het gelei tot ’n wêreldwye veldtog om die gebruik van plastiek te verminder.

Die woord “backstop” (eindborg), ’n wettige waarborg ten opsigte van die Ierse grens ná Brexit, en “gammon” (ham), ’n neerhalende Britse term vir iemand wat rooi in die gesig van woede is, is ook oorweeg. “Gammon” word soms gebruik teenoor diegene wat Brexit ondersteun.

Ook “MeToo” as deel van die “MeToo-veldtog” teen seksuele teistering, het die lys gehaal

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.